Meer oor die Drie-Eenheid

Die ware Godsbegrip

B.D.7816 - 4 Februarie 1962

En dit sal vir u duidelik word deur My gees, dat daar maar één God is en dat Ek, u God, sigbaar geword het in Jesus Christus waar Ek Gees was.

Ek was vir die wesens, wat deur My geskape is, nie as `n begrensde wese sigbaar gewees nie, maar in Jesus Christus het Ek vir al My skepsels `n sigbare God geword. U kan derhalwe nie praat van Jesus en die Vader nie, want Ek is één met Hom. Wanneer u dus praat oor Jesus - dan praat u oor My, u God en Skepper, u Vader van ewigheid af.

Reeds as kind het Jesus My Gees gedra en reeds na Sy geboorte het Ek op ongewone wyse in Hom gewerk, om die mense in sy omgewing duidelik aan te toon dat My Gees Homself in die kind bevind het. Die mens Jesus het Sy lewe aan die kruis met Sy laaste asem uitgeblaas. Die liggaam van Jesus was egter vergeestelik en Hy het opgestaan uit die dood, want al Sy substansies het Hulself met My verenig. My Gees het liggaam en siel deurdring, Hy het dus geen tipiese menslike eienskappe meer gehad nie.

Wat opgestaan het uit die dood op die derde dag, dit was Ekself - die Vadergees van die ewigheid - die God, wat die wesens verlangend aanskou het en wat nou in die gedaante van Jesus sigbaar geword het. Jesus is nou u God, want Ek was Gees, en slegs in die vorm van Jesus het Ek vir al My skepsele sigbaar geword. U kan dus vir uself geen ander voorstelling van My maak, as van die Goddelike Verlosser Jesus nie .

As u My wil aanroep, wanneer u uself met My in verbinding wil stel, moet u Jesus aanroep. U moet met Hom samespraak hou, u moet Hom as u Vader van die ewigheid erken en u sal dan ook `n ware Godsbegrip hê – en dit kan egter nooit waar wees as u afsonderlik bid tot My as "God" en tot Jesus as "God se Seun" nie.

Een deur My geskape, `n hoogs volmaakte wese – wat by My gebly het toe die groot afval van die geeste plaasgevind het, `n siel wat My "Seun" was - het sy intrek geneem in die mens Jesus. En hierdie "God se Seun " het dit vir My moontlik gemaak om My in `n menslike omhulsel te beliggaam, sodat die volledige vereniging van die Vadergees van die ewigheid vervolgens met Jesus kon plaasvind - sodat daar egter daarna geen twee aparte Wesens was nie, maar slegs één God. Want die goddelike Gees, My Oerwese, het die menslike omhulsel volledig deurstraal en dit ook vergeestelik. 

Alles was derhalwe Goddelike Gees, dit was die Gees Wie die gehele oneindigheid deurstraal het en Homself alleen in `n vorm, wat vir mense sigbaar was, geopenbaar het, sodat hulle vir hulleself `n beeld kon vorm om hulself nou met die Wese te verbind. Want die oorsaak van die afval van geeste het bestaan in `n vrywillige afskeiding van My, omdat hulle nie by magte was om My te aanskou nie. En so het Ek weer die moontlikheid vir hulle geskep om hulself weer vrywillig met My te verbind, deurdat Ek My vir hulle sigbaar gemaak het in Jesus. Dus nooit mag u vir "Jesus" en "Myself” skei nie, want Hy en Ek is dieselfde, wie Hom aanroep, roep ook Myself aan, wie Hom sien, sien Myself; Ek wat was en is van die ewigheid en ook sal wees tot in alle ewigheid.

AMEIN