Chambers versus God!

Poef! verskyn verweer

in saak van

Chambers vs. God

Charles Smith

Charles Smith
Washington. – Die Amerikaanse politikus en oud-aktivis teen Suid-Afrika in die apartheidsjare wat God gedagvaar het om rampe en dreigemente deur terroriste te staak, het ’n antwoord gekry.
Die verweer in die saak “Chambers vs God” het uit die bloute op die toonbank van die Douglas County-distrikshof in Omaha, Nebraska, beland. Niemand het die prokureur, ene King Cobra, gesien nie.
Sommige Amerikaners bestempel dit as ’n wonderwerk.
Sen. Ernie Chambers, ’n staatsenator in Nebraska, het vandeesweek die saak teen God aanhangig gemaak. Hy voer in die hofstukke aan God het dreigemente van terrorisme teen hom en sy
kiesers gemaak wat vrees ingeboesem en “grootskaalse dood en verwoesting veroorsaak en miljoene van die aarde se inwoners geterroriseer het”.
Chambers, wat in die 1980’s gesorg het dat maatskappye in Nebraska weens apartheid nie meer sake met Suid-Afrika doen nie, het waarskynlik nie ’n antwoord op sy dagvaarding verwag nie. Maar dit het gebeur.
‘n Verweerskrif van “God” het op die toonbank van die hofgriffier beland. Niemand weet hoe dit gebeur het nie. “Dié een het wonderbaarlik op die toonbank verskyn. Dit was skielik net daar: poef!” het mnr. John Friend, ’n klerk, luidens berigte gesê.
Luidens die
verweerskrif is God verhewe bo aardse wette en val dus buite die hof se jurisdiksie. Om God te beskuldig van mense se onderdrukking en lyding, is verkeerd. “Ek het die man en vrou met ’n vrye wil geskape. Behalwe ’n ewige lewe, is ’n vrye wil My grootste geskenk aan julle,” lui dit.
Die aartsengel Migael is as God se getuie genoem.
Die senator het die hof gevra om ’n permanente bevel teen God te maak wat Hom verhoed om plae te veroorsaak en terroristedreigemente te maak. Hy voer aan omdat God “alomteenwoordig” is, val dit binne die Nebraska
-hof se jurisdiksie. Omdat God alles weet, kan die dagvaarding Hom opgelê word. Dis nie bekend of die saak wel voor ’n regter gaan beland nie.

Ons Abba Vader antwoord hierdie arrogante mens as volg:

Openbaring 119

19 September 2007

Veroordeling deur die mens

Vir die mens wat sy vinger beskuldigend na die hemele en My, sy Skepper, wil lig en daaraan dink om My voor sy regterstoel te bring en My vanuit `n menslike oogpunt skuldig bevind, aan dit wat `n sondige wêreld oor homself gebring het; vir julle sê Ek, wee die dag van My groot hofsitting, wanneer elkeen, groot en klein, voor My regterstoel sal staan en elkeen na sy eie werke, goed of kwaad geoordeel sal word. En met die spotter sal daar gespot word en die lasteraar sal onder die gewig van sy eie vervloekinge op die aarde neergewerp word en in ongekende angs sal hy die aarde om hulp smeek en in antwoord sal sy oopskeur, om hom ewig in haar dieptes te bring en sy sal haarself weer bo hom sluit, om hom so voor My aangesig te verberg.

Maar aan julle My geliefdes, sê Ek, dat menige swak werke julle vergewe sal word, deur `n enkele liefdestakie wat julle in opregte liefde aan een van die minstes gedoen het, ja, dit het julle aan My gedoen, en groot sal julle loon vir die ewige lewe wees.