Mandela se dood dalk deur `n Duitser in 1948 voorspel?

Profesieë aan Bertha Dudde – uit boek 6 – “Wat die wêreld te wagte staan.” Op www.nuweopenbaring.co.za

Die oorlye van `n aardse maghebber –Keerpunt

23 November 1948

As die nuus oor die afsterwe van `n aardse maghebber u sal bereik, het u op die tydstip aangekom, wat u die begin van die einde sou kan noem. Dan sal die aarde `n brandende stoof word, die vlamme sal oplaai, ongeremd sal die haat woed en die mensdom sal deur afgryse bevange word, want hulle sal geen uitweg meer sien uit die gevaar wat onafwendbaar is nie.

En dan word u (My dienare) deur My aangespoor om te spreek, want wanneer alles in oproer sal wees, sal `n groot rustigheid homself van u Heer maak, omdat u duidelik sal insien dat die tyd naby is, waarin Ek Myself sal openbaar en u dit dus vir die mense wat na u sal luister, bekend sal maak.

Die mense sal hulleself van alle kante omring voel deur vyande en daarom geen hoop hê op `n vreedsame oplossing nie. En daarom sal die angs buitengewoon wees waar geen geloof aanwesig is aan die Een wat alleen kan help nie. En so sal mense slegs let op die gebeurtenisse in die wêreld. Die mens sal angstig trag om vir hulleself te sorg, omdat hulle die groot aardse nood sien losbars; sal hulle angstig trag om hulleself te verseker van aardse goedere en aanstaltes maak om te vlug, ofskoon dit vir hulle uitsigloos skyn te wees.

En slegs die gelowiges sal besonne bly, en van hulle sal Ek My nou laat bedien om op die medemens in te werk wat in hulle ongeloof ongelukkig en vertwyfeld sal wees. En Ek trag nog eenmaal om My te leer ken en Ek laat My dienare met hulle spreek en spreek Self deur hulle woorde van liefde en bemoediging. Ek waarsku hulle om nie te vlug nie en nie maar net vir hulle liggaamlike welsyn te sorg nie. Ek stel die uitsiglose van hulle voornemens vir hulle voor die gees en vermaan hulle om vol te hou en hulle noodlot in My hande te lê en bygevolg alles sy loop te laat neem.

Die brand sal dan ontsteek het en sal nie meer deur mense gedoof word nie, maar Ek self sal hom laat uitdoof, deurdat Ek ander elemente daarteenoor sal plaas, deurdat Ek Self diegene tegemoet sal tree wat mekaar onderling wil pynig. En My stem sal van bo af weerklink. `n Natuurkatastrofe sal die aarde teister en die strydendes van mekaar aftrek, want daar sal hulle `n Mag tegemoet tree waarteen geeneen van die strydendes opgewasse sal wees nie. Die gebeure sal `n paar uur duur, maar `n totaal veranderde toestand in die wêreld teweegbring, volledig veranderde verhoudinge en `n, in die begin, onoorsigtelike chaos, grootste aardse nood en onbeskryfbaar baie droefnis en nood onder die mense.

Maar u sal dit alles moet verdra, want dit loop einde se kant toe en baie moontlikhede om te louter moet nog verskaf word, omdat die mense almal maar nog `n kort lewensduur het en ryp moet word in die kortste moontlike tyd. Die einde is naby en sodra die tyd begin, sal u met sekerheid ook spoedig die laaste dag kan verwag en die laaste oordeel, sodat vervul word wat verkondig is deur woord en geskrif.

Amen