`n Gesig van Mariska Toerien aangestuur deur A Burger

Einde van verlede jaar ...  Ek was diep in gebed... en by my volle bewussyn...Ek het 'n stem gehoor wat sê :"Ek gaan 'n einde aan hulle en hulle sondes maak"Toe sien ek.. Ons was onder die grond wat lyk soos 'n "subway" die wat jy oorsee baie sien.. Daar was baie mense.. ek sien toe 2 jong manne wat prominent uitstaan.. een vol "tattoo's" een vol oorringe van kop tot toon... ek klim in 'n klein karretjie.. ek en my gesin en ander paar lede in my familie... toe ek inklim is die kar skielik baie groot .. asof ons in een vd treine sit... my jongste boetie bestuur... hy vra my "waarnatoe???" Ek sê "ry net".. Skielik is ons weer bo die grond.. op 'n lang pad... lyk baie soos die pad waar die groot rooi brug..ek dink die San francisco bridge is.. heel voor aan ons regterkant is daar 5 reuse groot tornados..baie groot.. een is 'n gewone tornado, die ander een gooi vonke, die derde een het vuur binne, die vierde het water en die vyfde een was vol grond en blare..Ek skree vir my jongste boetie "ry" "ry vinning hou reguit"!!! Die tornados wil die pad waarop ons is oorsteek.. ons jaag om verby te kom voor hulle die pad oorsteek... Ek kan nie ver voor ons sien nie die pad is effens opdraende.. Ons maak dit .. die tornados gaan agter ons verby oor die pad na links.. ons kom tot bo en kyk af op die horison... Wat 'n verskriklike uitsig... Die aarde maak nie 'n geluid nie al wat ons kan hoor is die mense se geskree.. oral lê lyke of mense wat besig is om te sterf... karre is in mekaar... bome lê plat.. alles is verwoes... voor my is 'n man wat besig is om te sterf.. hy gee sy laaste paar tree.. ek kan sy voetstappe hoor tot hy eindelik neerval tot sy dood.. Behalwe vir ons in die klein karretjie is daar net dooies oral.. Dit was die vreeslikste gesig wat ek in my lewe gesien het.. niks kon vir my erger gewees het nie.. totale verwoesting..