BOODSKAP AAN NALIZE OP 11 APRIL 2014

Woord aan Nalize op 11/4/2014
Wees bly, My Volk, want Ek, JaHWehshua, het julle uitroepe gehoor. Ek staan voor die deur om julle te verlos en julle na My plekke te neem wat Ek vir julle voorberei het. Ek wil dat julle groei in lydsaamheid, diensbaarheid, getrouheid en nederigheid en daarom bind EK julle harte aan mekaar om mekaar van diens te wees vir helder gemoedere en minder sorge. Wees wakker in die oomblikke van samesyn met ander, om nie te oortree teen die orde en toestand van Lie,fde nie, want een oortreding lei tot 'n volgende. Wees heilig, want EK IS heilig. Amein.
Roep My aan, Koningskinders, want Ek wil naby julle wees en deel van julle bestaan. Ek Wil geken word in besluite en julle vrymaak van onderdrukking. Amein.
Laat My nie bedroef word, omdat julle nie ag gee op My roepstem nie. Ek, JaHWehshua weet van julle wil nog voor julle dit uiter. Wees vry van valse voorwendsels en leef ootmoedig. Amein.
Weer roep Ek aan My engele wat die winde vashou: Laat dit los - die tyd is hier vir die storms ter bevryding. Amein.
Laat die klippie rol en die Beeld van Daniël gebreek word. Laat My Ryk gevestig word in die harte van die wat na My verlang. Laat die tye vir julle ter bevryding dien. Amein.
Laat die kinders na My toe kom om troos en rus te vind, want ontstuimiger sal die waters raak om julle. Bly vertrou, bly tevrede en bly by mekaar as jy 'n gesin het. Amein.
Ek, JaHWehshua, sal die geeste reinig. Amein.