'n Boodskap van Die Lieflike LEEU en Die Sagte LAM deur Christine Badenhorst



21 Mei 2014
Vandag skryf Ek vir die laaste keer op hierdie manier. Hierna sal dit op elkeen se harte geskryf staan.My Liefde gaan uit na elke mensehand wat uitreik na MY, hulle Liefdevolle Vader. Hierdie is 'n Liefdesbrief aan elk van MY kinders daar buite in die nag se koue van
hierdie wereld. EK IS LIEF VIR JULLE! Kom na MY, kom loof MY, kom prys MY deur net jou oe gerig te hou op My. Moenie meer "bid" nie, kom wees Ek in jou hart deur jou met MY te verenig in MY Grote Liefde want niemand kan jou, klein sondige mens van hierdie Aarde die Glorie
en DIe Rykdom en DIe Liefde bied nie, net EK, jou JahshuaLiefdesGees wat vir jou gekruisig is en en weer vir jou gewys het tot wat Ek in staat is deur MY Liggaam te verheerlik en OP TE STAAN uit die dood, net EK gee Ware Lig en Helderheid sodat jy altyd weer en weer in My
oe wil kyk. MY Liefde vir julle is soos 'n Rivier wat vloei, 'n Rein Smetlose Rivier wat net aangaan en aangaan...MY Liefde vir julle is soos die Eter- uitgestrek tot in Ewigheid met planete tussen-in sodat julle voet 'n plek het om op te staan.MY Liefde vir julle is soos die oseaan-uitgestrek met die grootste skatte daarin, skatte groter as die korale daarin wat min mense nog ontdek het. EK het Groot Planne vir julle. EK wil julle help om dinge reg te maak en julle toekoms te verbeter. Is dit nie beter om te Seen as om te vervloek nie?Dit is salig om lief te he, he dan jou naaste eerder lief, dis welbehaaglik vir die siel. Dit is 'n Son wat skyn in jou hart, My Ewige Son, My Lig vanuit die Warm bron van My Hart Die Son wat nooit verdwyn maar vir Ewig skyn...
Die wolke , die blou lug - Dit IS EK in al MY vorme. EK gryp alles vas wat hom in verset teen MY gedraai het. EK sit hom vas in 'n tronk sodat hy kan sien tot wat hy in staat is. Soos Nebukadneser sal almal word wat in grootheidswaan en hoogmoed na MY kom vir oorlog. EK IS
DIE LEEU. Van Ewigheid tot Ewigheid neem EK MY EIE besluite en niemand leer MY nie. Wees bly dat EK , DIE LEEU, julle nog nie verslind het nie. EK IS Groter as wat julle "groot" ken. EK sal julle asems wegslaan as EK MY uitgestrektheid en Glorie aan julle moet wys.Ek openbaar MY dus net aan Die wat met Ware Sagte Liefde na MY kom sodat EK as 'n LAM kan kom. Wie My in Die LAM aanvaar, sal 'n vriendelike LEEU sien aankom en DIe LAM sal om MY voete speel. As jy Sy Klokkie hoor moet jy jou verbly. Sy Klokkie kondig die koms van DIE LEEU aan en jou hart sal jubel as jy DIE LAM aanvaar en DIe LEEU jou dan aanvaar. Wanneer die wereld huil sal die wat DIE LAM vashou gespaar word van Die LEEU se Geregtigheid. Die Seen kom uit DIe LAM voort wat dit weer van Die LEEU kry. Maar saam is hulle-EEN. MY Gees gaan uit oor man en vrou en kinders en grootouers. MY GEES bind die regte man en vrou met mekaar om 'n Perfekte,Volmaakte Beeld van MY voor te stel en te wees 'n Pragtige Wese met 'n Spierwit Gelaat en Die Liefde wat op allerhande wonderlike wyses tot uiting kom in hulle vorm. So mooi, om dit te noem ontheilig Dit. Dit is MY Eerlike Liefdevolle Belofte aan julle. Lewe in MY. Klee jou met Die Gewaad wat Die Koning der konings en Die Koningin der koningine aan jou gegee het en Wees Ek op so 'n manier want dan is jy Nederig en MY waardig. Amen.
En dit is MY Lig wat op hierdie donker wereld skyn. Laat dit dus vrylik vloei vanuit jou hart elke oomblik want dis hoe jy MY Kleed aan het en aan hou. EK weet dat elkeen wat hierdie stuk van My Woord gelees het 'n Geestelike en Liggamlike seening sal ontvang. Geen mens bly onaangeraak deur MY Woorde nie. Dit dring deur tot jou diepe hart en vervul daar dan die Edele taak om jou tuin te bewerk sodat EK en JY lieflike vrugte daar kan oes om Ons Geliefdes wat later kom te voed. Wees voedsaam vir MY.
Amen

DIE LEEU en DIE LAM het aan my , iemand wat nie kan teken nie 'n teken gegee. HY het gese "teken"! en dit is wat HY deur my geteken en die gedig wat HY deur my geskryf het. My siel het in geweldige pyn verkeer en ek sal nooit weer dieselfde mens wees  nie. Maar Die Liefde het my deur gedra sodat ek die skets kon voltooi en dit op die rekenaar kon verf. Dit is Heilig vir my.Ek wil dit met julle deel.
Liefde en seeninge vir julle.
'n Engel Familielid


Jammer almal vir die gedig wat so moeilik lees op die skildery, ek sal dit reg maak. Hier volg die woorde...

Volmaakte Liefde

Die blydskap van die Verloste skaar'
kan gehoor word tot wie weet waar
Almal het saam vergaar
toe die wind gaan le en die storm bedaar

Dit is helder, duidelik, uitgeklaar
YAHSHUA is die oorwinnar sowaar!
Die sonde, hel en dood kan ons nie meer skaad
Weg is al die duisternis en kwaad.

YAHSHUA staan daar en blink is SY gewaad
aan SY sy 'n groot blinkende swaard
Geen bose mag het enigsins krag
en die poorte en deure vlieg oop.

Elke mens wat voorheen gegaan het
en gehoop het op Verlossende Beloftes
is gered en gereed om die hemel te betree
deur Yahshua wat alreeds die toegangsfooi betaal het.

"Elkeen kan binnekom" se HY sag
maar Sy Woorde is bedek met SY Mag.
"Ek het vir elkeen met MY Bloed betaal
Elkeen se skuld is gedelg by die folterpaal."

Neem net MY hand, Ek lei jou sag
Steek jou vingers in die gate en sien MY Mag!
Dood, afgryslik het EK daar gehang
maar nou is daar net Hemelse gesang!

Elkeen mag inkom wat MY daar besoek het
want EK was elkeen daar rein.
Net by MY kruis sal die Son vir jou skyn
en al jou sondes sal in die niet verdwyn.

Kom sit by MY tafel,
kom hou met MY fees
MY Vader en Ek wat EEN IS sal vir altyd heers
Gee MY jou hand en kyk in MY oe,
kom sit op MY skoot kind, Ek hou jou sag vas...

Net MY dood aan die kruis kan jou rein genoeg was
Nou verstaan jy MY Liefde wat net laat gaan het vir jou.
Laat jou Liefde net gaan vir MY,
en Ek sal jou veilig in MY tuiste vir jou inlei.

Gaan, hardloop, dra die boodskap oor:
Selfs die dood van Yahshua kon HOM nie laat verloor!
Ja almal is hier- die Verloste Skaar'
om jou by te staan selfs al is die pad swaar!
maar die einde is gewis!
en dit is:
dat daar Lewe en geen dood is!

Ja almal sing saam:
Loof Yahshua se Naam!
en giet die olie uit op SY Voete en Hoof!
Net Hy alleen oorwin die bose roof
Nou mag almal Lewe en niemand meer sterwe
Ja Yahshua het dit aan almal beloof!

Liefde en seeninge!!!!