Opnbaring 22 en 23 deur Judith de Beer

Openbaring 22

16 Junie 2007

Vraag:

Hoe moet ons die verwantskap tussen die deugsame en besige vrou in Spreuke 31 en die speelse, romantiese en diep beminde bruid in Hooglied verstaan?

Antwoord:

O My sielsbeminde, met jou het ek flankeer, jou skoonheid deur eeue met lof besing.  Deur ewighede heen het My liefdeslied vir jou orals heen gedring.  As my bruid kom Ek jou haal en as ‘n deugsaam vrou, kom jy jou plek volstaan. Met jou onskuld en skoonheid het jy My eers bekoor. Met vlyt en deug is jy nou almal voor.  Eers as maagd en nou as koraal, kom Ek jou as volwasse vrou haal.

Openbaring 23

17 Junie 2007 om 14h00

Soos ‘n dronkaard na ‘n aand se vrolike gefuif vir homself ‘n eentonige liedjie oor en oor sing, net so doen ‘n dronk oorversadigde ryk wêreld en die lied van hul woorde lui as volg “alles het sy prys, alles het sy prys...!”  En terwyl die klank van kasregisters oudmodies raak en plastiek kaarte orals indring, word Ek as ‘n ou vergete winskoop agter op ‘n rak gebring.  Onversadigbaar is die ekonomie besig om alles voor hom te verslind, om dit maar net weer netjies verpak op te bring.  Robotte wat eens mense was, word in die draak se legkaart ingepas.  Alles het sy prys en so kom ook My woord spottend op hul lys en al waarna die wêreld noop is om te koop en te verkoop. Meedoënloos word ‘n kosbare siel verpand, by die blote aanblik van goud en rand.  Regterbanke die ruik na omkoopstank en daarop rus die wereldbank.  Met swier en groot vertoon stel die rykaard homself ten toon.  Spottend vra hul na My prys, om ook te kom op My sogenaamde hemellys. Met klatergoud word vir hul gebou, ‘n goedkoop gekke paradys, waaruit Lucifer se hel angswekkend uit gaan rys.  Beangs gaan hulle hier vanuit  krys, O God maak tog U prys en kry ons vinnig weer hier uit.  Maar al wat hul gaan kry, is Ek, wat ewiglik gaan swyg.