Openbaring 33 deur Judith de Beer

Openbaring 33

28 Junie 2007

Diegene wat op nuwe sensasionele eindtyd openbaringe wag, die wag verniet. Maar kyk gerus ‘n bietjie rond en sien hoedat die eindtye reeds besig is om sensasioneel in aarde, wind, water, weer en vuur om júlle af te speel. Maar soos dit in die openbaringe van Johannes geskrywe staan, is júlle te besig om te koop en te verkoop om dit agter te kan kom. Die tyd van dit wat verborge was, het tot ‘n einde gekom en alle openbaringe wat op die eindtyd gerig was, is besig om in vervulling te gaan. Wat nou na vore sal kom, is die verborge waarhede wat deur die lis van Satan vir eeue lank van die mens weerhou was.

 

In sy strewe om te heers en oorheers het Satan in die gedaante van die groot rykes, heersers, regerings en kapitale moondhede van die aarde na vore getree, om elke duim grondgebied van land, see en lug, asook die dieptes van die aarde, in besit te neem. Nog is dit nie genoeg nie en die oë word gierig op My veraf songebiede gerig, in die hoop om in alle moontlike gebiede, hul materiële koninkryke bo My te kan verhef. My teenwoordigheid en Gees ontbreek heeltemal by hierdie mense en daarom is hierdie miswolke oneindig leeg en in die leë soeke na iets konkreet, probeer hulle hulself vul, met dit wat hulle sintuie vir hulle as ‘n materiële realiteit aanbied en om te kan voortbestaan, moet hulle hele wese voortdurend, iets van die materie in homself absorbeer, om hom sodoende te kan voed en onderhou. Van daar die onversadigbare vraatsug en niks of niemand sal ooit ontsien word, om hulle doel te kan bereik nie. En so kom ons voor die deur, van ons veel besproke “Antichris” te staan. Alles het sy perke en die tyd het aangebreek dat Ek weer My baie versteurde ordes kom herstel en almal op hierdie aarde sal van alle materiële besit ontneem word, deur die ergste kataklismes ooit. En dit is hier waar die laaste skeiding onder die mensdom gaan intree. Die wat opgewonde op My en My wederkoms wag, sien met blydskap uit na die reinigende proses wat die aarde gaan tref. Terwyl die in die ander kamp, krampagtig bly klou aan dit wat verganklik is. ”EK IS” die onsienlike ewigheid en wie My volg sal die Ewige Lewe aanskoulik binne hulself dra. So sal die wat die verganklike materie in hulself huisves, die ewige dood binne hulleself dra. En so sal die kaf van die koring geskei word en ‘n nuwe aarde sal vir my kinders voorberei word.