Openbaring 48 deur Judith de Beer

Openbaring 48

13 Julie om 6h00

Slim en listig het Satan as `n engel van die lig in julle kerke en leerstellings ingesluip en met `n valse gewete gees, het hy julle mislei.

Met minagting het Esau sy geboortereg vir `n pot lensiesop verruil en om saam met die grotes van die aarde, soos `n ou brakkie te kan draf, het julle die bloedgekoopte nalatenskap van julle vadere, verniet weggegee en julle kosbare genetiese erfenis word deur verbastering uitgewis. Ja, julle het alles voor die voete van die pionne van die wêreldorde gaan neerlê. Soos `n kruipende hond wat op sy maag vir oorskiet nader seil, so is die walglike kruipery voor julle selfaangestelde oorheersers en die bloed van julle kinders sal op julle eie hoofde neerkom.

Bid daarom vir een in julle midde, wat ondanks julle smaad getrou aan My gebly het en met sy eie "handslag" teen hierdie gruwel geskryf het. Nie net vir homself nie, maar ook vir sommige, sal hy die bloed aan julle deurkosyne wees, om die engel van die dood in julle midde te kan stuit.

En netsoos vanouds, sal ek die bouers en hulle medewerkers van die goue kalf voor My aangesig uitwis, sodat my heilige kronieke, weer suiwer kan word.