Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

BARMHARTIGHEIDSTYD – REDENAAR- DIE VOORLOPER VAN DIE HEER
BD 3276 - 30 September 1944
Verneem wat God se gees u verkondig! Daar het `n tyd van barmhartigheid aangebreek en u kan die seën daarvan bespeur, as u bereidwillig is om te strewe na die Ryk van God. Voortdurend is die werk van die wesens herkenbaar in die barmhartigheidsgawes uit die geestelike Ryk wat tot die mense gebring word, want daar is wesens op aarde beliggaam wat die mense in die laaste tyd as geestelike leiers behulpsaam is. Die denke van die mense wat na God strewe sal verlig word en daardeur sal hulle die waarheid beter kan sien. En die liefde van God sal hulle openbaar in tye van aardse nood, deurdat hulle hulp sal bring waar daarvoor gebid word. Die gelowige mense sal buitengewone dinge volbring en die krag van die geloof sal tasbaar word. Dus sal barmhartigheid op barmhartigheid duidelik te bemerk wees, omdat die teenparty ewe-eens alle middele aanwend om die mense geestelik in die noute te bring, waarby God Syne egter duidelik te hulp sal kom.
In die tyd sal daar `n man opstaan, wie se gees van bo is. Sy siel sal heeltemal verbonde wees met sy gees en hy sal daarom ook spreek wat die gees hom onthul, naamlik die volste waarheid in die mees begryplikste vorm. God Self sal deur hom spreek en hy sal die mense vermaan om vol te hou, en hulle daarteen waarsku om Hom nie op te gee nie. Hierdie redenaar is die Voorloper van die Heer, en wanneer hy verskyn, is die Koms van die Heer nie meer ver nie. Deur dié man word die maat van die barmhartigheid aansienlik verhoog, want hy sal vir die gelowiges `n groot steun beteken en die ongelowiges sal deur hom die kans kry om tot geloof te kom. Want hy sal groot invloed uitoefen op die mense wat na hom luister, omdat hy oor Mag en Krag sal beskik. Sy woorde sal inslaan en soos `n lopende vuur deur die land brand waarin hy werksaam sal wees. Hy sal sonder vrees of skroom spreek en die mense wys op die Koms van die Heer in die wolke en op die laaste oordeel.
Maar hy sal weinig geloof vind, omdat die meerderheid van die mense niks van God en die geestelike af wil weet nie, en hulle daarom in `n volledig verkeerde denke ronddool. Daarom erken hulle nie die buitengewone barmhartigheidsgawes nie en gebruik dit dus ook nie. En sodoende is die einde onafwendbaar en die afgrond open homself om iedereen te verslind wat God nie erken nie en Sy Woord afwys. God gee onophoudelik en wat Hy gee is `n onverdiende gawe en is bestem om die mense te help om in die tye van nood tot rypheid te kom. Of dit leed is of vreugde, steeds dien dit die mens daarvoor om sy siel tot God te verhef, steeds is dit `n verwysing na Hom, `n weglokking om op die korrekte weg te bly - altyd is dit barmhartigheid.
Wanneer hierdie man sal verskyn, word die hoeveelheid barmhartigheid ook vir die mense vermeerder, want hy is deur lig omstraal en die lig wat hy uit die geestelike Ryk ontvang, straal van hom af. Hy versprei kennis en sy taal is vol wysheid en krag. En sy woord is maklik aanvaarbaar, omdat dit vol oortuiging aangebied word, en is ook vir die mense begryplik wat hom opmerksaam aanhoor.
Want God maak dit deur Sy liefde vir die mens maklik om te kan glo, deurdat Hy hulle Sy bode stuur wat oor buitengewone krag beskik en daaraan al as bode van die hemel herken sou kan word. Maar hy word van alle kante bestry en weiniges is van sy missie oortuig en laat hom nie los nie, slegs weiniges versterk hulself aan sy woorde. - Hulle ontvang egter krag en barmhartigheid in oorvloed en bly standvastig teen alle aanvegtinge van die wêreld, en teen alle vyandighede wat nou openlik aan die lig kom. Die laaste tyd sal buitengewoon swaar, maar ook buitengewoon barmhartig wees, want God sal Homself oral bekend maak waar daar maar `n hart in nood is wat haarself sal open vir barmhartigheid. Dus sal dit ook moontlik wees om die laaste stryd op aarde suksesvol te kan deurstaan, sodat die siel veilig daaruit te voorskyn kan kom. Hulle sal die Ewige Lewe wen as hulle voortydig heengaan van die aarde af. Of, hulle hou vol op die wêreld tot aan die einde en word deur die Heer Self weggeneem in lewende lywe, om `n nuwe lewe te begin op die Nuwe Aarde .
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205