Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE DIENARE VAN DIE HEER; SY VOORLOPER
BD 7339 - 17 April 1959
Verwag in alle deemoed dit wat Ek tot heil van die mensdom moet laat gebeur en dit sal vir u heeltemal duidelik word, waarom hierdie tyd van voorbereiding dit vooraf moes gaan.
Ek is beslis geen God van toorn nie, selfs wanneer die komende gebeurtenisse dit so sou laat blyk.
U almal sal veel meer My Liefde mag ondervind wat u ook sal behoed teen die uiterste nood - maar Ek sal Myne dan ook duidelik herkenbaar maak. Ek sal hulle so op die voorgrond plaas dat die mense kan sien waar die ware hulp te vinde is - want Ek wil die mense vir My wen, maar nie aan My teëstander verloor nie.
Desondanks sal die aardse verwoesting kolossaal wees en tallose mense sal hulle lewens verloor. Maar dit is vir baie nog tot seën, want hulle kan in die Ryk hierna nog inhaal wat hulle op aarde versuim het. Hulle kan nog tot die "lig" kom as hulle van goeie wil is - want dit kan u almal glo dat die einde kort daarna sal kom. Ek skenk egter alreeds aan u mense, nog `n tyd van barmhartigheid, omdat die einde `n ingrypende keerpunt beteken in die algehele ontwikkelingsweg van die wesens - wat tot volle ontwikkeling moet kom op die aarde.
Daarom het Ek dienare vir My gekies wat oor die komende einde na die katastrofe moet predik - daarom giet Ek My Gees stadig uit om deur ontwaakte mense op alles te wys wat daar binne die kortste tyd sal gebeur. Ek gee almal slegs die opdrag om My Woord te versprei en volgens wat dit moontlik is, ook van die gebeure melding te maak - waardeur My mag en ook My Liefde duidelik sigbaar sal word. Die mense moet weet dat daar Een God bo hulle troon wat hulle lot in Sy hand hou.
Wie Ek dus as verkondiger van My Woord kies, moet ook as ontvanger van My Woord deur My self uitverkore wees. Aan hom kan u ook die volste vertroue skenk, hoe onwaarskynlik alles ookal mag klink wat hy in My opdrag openbaar. Want Ek sal `n duidelike teken gee dat hy My afgesant is - My verteenwoordiger wat spreek in My plek.
Hy sal steeds so gelei word dat niks hom teen kan standhou nie, solank hy sy missie nog nie vervul het nie. Ek self sal sy weg vir hom uitstippel en wat sal heen lei waar baie mense hom sal kan aanhoor - wanneer die tyd ryp sal wees waarin hy My en My Woord hardop en openlik bekend sal maak; totdat sy helder lig sal skyn, wanneer die stryd tussen lig en duisternis openlik sal ontbrand. Wanneer die geloofstryd gevoer sal word met ongewone brutale middele, sal die "lig" straal tot bemoediging van almal wat in My wingerd arbei, en dan sal hy vir uself krag kan verskaf en dan yweriger kan arbei vir My en My ryk.
En die "lig" sal verskyn wanneer die laaste tyd aangebreek het, wanneer Ek gespreek het uit die Hoogte. Wanneer die mense hulself in `n chaos sal bevind en die skeiding van die geeste begin, vir of teen My. Dan sal Ek groot krag aan die swakkes verleen, Ek sal almal die sterkte gee wat hulle nodig sal hê en sal hulle aanvoer in die stryd teen die vyand van die siele. En waarlik, Ek sal oorwinnaar wees en bly vir ewig en u sal uself mag verheug in die oorwinning oor hom. U sal vry wees van hom en dan in vrede kan lewe in die Paradys van die Nuwe Aarde .
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205