Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE BELIGGAMING VAN DIE WESENS. DIE VOORLOPER
BD 4899 - 18 Mei 1950
Ek stuur die Evangelie na die aarde, en wanneer u dit van bo af ontvang, is dit suiwer en nie vervals deur die menslike wil nie. Ek weet dat dit nodig is, omdat talle mense My nie kan vind nie, omdat hulle nie in die waarheid onderrig is nie, en daarom beliggaam Ek My self in die gees van hulle wat My Wil dien. Dat die waarheid in sy suiwerste vorm na hulle toe sal kom is deur My Liefde en Wysheid al lankal `n erkende noodsaaklikheid, en dit is slegs vir My `n aanleiding om die ontvanger van die waarheid van bo te beskut teen die invloed van onrein geeste, wat die denke sou verwar en die instuur van die waarheid sou wil belemmer.
Wie dus ontvanger is van My Evangelie wat Ek Self op aarde geleer het, waarvoor Ek My dienare op aarde weer die opdrag gee om dit te versprei, kan gerus wees dat hy in die waarheid is en dat hy as My dissipel van die eindtyd die mense kan leer sonder om bevrees te wees dat hy dwalinge by die onderrig sou kan inmeng. En vanuit die sekerheid moet hy invloed uitoefen op almal wat sy weg kruis. Hy moet homself beskou as My spreker en in My opdrag steeds dit uitdra wat hy van My self ontvang het, wat as gewaarwording in hom na bowe kom, omdat dit die suiwer waarheid is.
Talryke wesens is momenteel op die aarde beliggaam omdat die groot geestelike nood ook buitengewone hulp vereis, wat slegs die ligwesens kan verleen. Hulle ligsiele is meestal geestelike leiers, dit wil sê hulle staan deur `n lewenswandel na aan My Wil en in noue kontak met My, en hulle kan My leringe dus direk ontvang en aan die mense oorbring. Die wesens besit `n graad van rypheid wat `n afsinking na die dieptes onmoontlik maak. Hulle gaan derhalwe ook altyd in die grootste deemoed deur die aardse lewe en trag slegs om My Ryk na die mense toe te bring, sonder om self daarvan nut te hê, slegs met die bedoeling om My te dien en die mense te help. Daarom kan so `n ligwese wat deur My na die aarde toe gestuur is, homself ook meermale beliggaam wanneer die geestelike vlak van die mense dit noodsaak. Maar steeds is die beliggaming `n voortdurende bediening tot aan die einde, want My Wil is oorheersend in die wesens. Hulle maak hulleself vrywillig aan My onderdanig en kan daarom hulle graad van rypheid op aarde ook nie meer verloor nie. Nooit sal `n laer gees oor so, as mens beliggaamde wese mag hê nie, en nooit sal hy onder hulle slegte invloed beswyk nie.
Nooit kan `n reeds volmaakte gees dus op aarde faal nie, dit wil sê nie sy missie vervul nie. Dit kan wel vir die mense lyk asof `n missie onderbreek is deur `n plotselinge terugroeping na die geestelike ryk, of deur menslike maatreëls wat die aardse lewe voortydig beëindig. Maar daarvan weet Ek sedert die Ewigheid af en gryp tog nie met My mag in om die wil van die mense onvry te maak nie. Die verlossingswerk word egter voleindig, en alles sal so gebeur soos dit in My heilsplan van die Ewigheid bestem is.
Ook die volmaaktste geeste uit die Hemel sal hulself tydelik beliggaam om `n geestelike vooruitgang onder die mense te bereik, want sonder so `n hulp sou die mense te swak gewees het vir teenstand. En dan kan die dooies ook uit hulle grafte (van die geestesnag = opm.v.d.uitg.) verrys, en die wat in die gees volledig blind is, kan deur `n helder verligte bliksemstraal van bo wakker geskud word en siende word.
(19 Mei) Dan is dit egter die tyd van die einde waarin ook My Wederkoms te verwagte staan, wat ook steeds aangekondig word deur sieners en profete. Voordat Ek egter sal kom, sal die "grootste lig" op aarde straal, maar in die eenvoudigste gewaad. Die "lig" (die Voorloper) sal nogeens van My getuig soos wat hy dit gedoen het voor My optrede in die vlees op die aarde, alvorens Ek aan die mense, vir wie Ek die Evangelie gebring het, onderrig het.
Hy was My Voorloper en sal dit ook nou weer wees. U mense, sal hom aan sy spraak herken, want hy sal dieselfde woorde kies en van My getuig soos wat hy dit destyds gedoen het. Sy gees sal slegs na die aarde toe kom om die Wet te vervul, derhalwe moet hy My voorgaan in die volste insig van sy herkoms en sy opdrag.
Hy sal alles deursien en sal ook sy aardse lot ken waaraan hy homself egter nie onttrek nie, want dit behoort ook tot die verlossingswerk waaraan hy deelneem, uit liefde vir die onverlostes. Hy weet dus dat die missie eers met sy dood vervul sal wees en hy het geen ander verlange as die uiteindelike vereniging met My, sy Heer en Leraar, sy Vriend en Broeder, sy Vader van die Ewigheid. Wanneer hy sal verskyn, is die einde naby, want Ek sal hom spoedig opvolg en My aankondiginge waar maak.
My Wederkoms is die laaste fase voor die algehele vernietiging van die aarde met alles wat leef, en dan word vervul soos wat dit geskrywe staan: Daar sal `n nuwe hemel en `n Nuwe Aarde ontstaan, waarin Ek in die midde van Myne sal wees. Waar slegs een Herder en een kudde sal wees, omdat almal wat lewe, met My verbonde sal wees en hulself sal oopstel vir My verblyf onder hulle. Dan sal alle mense op die Nuwe Aarde My kinders wees tot wie Ek self sal kom as Vader, om aan hulle te gee wat hulle sal salig maak. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205