Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE VOORLOPER VERSKYN VOOR DIE WEDERKOMS VAN DIE HEER.
BD 4136 - 5 Oktober 1947
Hulp is dringend nodig. Buitengewone barmhartigheidsgawes kan die mense aangebied word, maar hulle gaan daarby verby asof hulle iets alledaags aangebied word. Hulle bestee geen moeite aan `n ernstige ondersoek nie, hulle weet wel wat hulle as waardevolste barmhartigheidsgawe aangebied word, maar wend dit nie vir hulself aan nie en vorm hulself daarom ook nie na My Wil nie. En so gaan die tyd van barmhartigheid verby sonder om `n noemenswaardige resultaat op te lewer.
Maar die einde is naby en op iedere wyse trek Ek die aandag. Alle hulpmiddele wend Ek aan om hulle harte te open, sodat Ek by hulle veld kan wen om hulle Self te onderrig. - Daarom is dubbele arbeid nodig vir die komende tyd. My dienare moet hulle opdrag ernstig opneem en op geen manier uself bedrieg deur te meen, dat u al 'n pragtige stuk werk verrig het nie. Die kort tydjie tot die einde vereis `n buitengewone werk van My kant af, en `n buitengewone ywerige besig wees van My dienare op aarde, as hulle nog siele wil red wat hulself in uiterste nood bevind. Tog lyk dit vir u of die resultaat skynbaar gering sal wees, want baie sal u afwys, maar tevergeefs sal u werk nie gedoen wees nie. Daar sal egter één kom en dieselfde woorde spreek tot die mense soos wat u dit van My af ontvang het, en die mense sal ontsteld staan en vergelykings tref, omdat hulle dieselfde inhoud herken het van wat hulle al deur woord en geskrif meegedeel is. En weer word die mense `n goeie geleentheid gebied om hulle lewenswandel te verander en hulself volgens My Wil te vorm, want die openbarings van bo is in ooreenstemming met die Evangelie van hom wat My Voorloper sal wees voor My laaste Wederkoms. Maar slegs `n klein groepie sal die buitengewone "lig" herken en weet, welke uur geslaan het. Die meeste mense laat egter `n barmhartigheidsgawe verbygaan, wat hulle steeds weer deur My Liefde aangebied word. Hulle kan desondanks nie meer gehelp word nie, want dit is hulle vrye wil wat dit sal aanneem of afwys, en dit sal Ek nooit afdwing nie. Maar gou is die barmhartigheidstyd verby en spoedig het die laaste uur geslaan. En wie tot dan toe nog nie na My toe teruggekeer het nie, sal nog `n ewige tyd ver van My af bly, dus in `n onsalige toestand wat My Liefde altyd weer sal probeer afwend. Maar die resultaat hang van u mense self af.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205