Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

DIE VOORLOPER VAN DIE HEER
Bd 4048 - 5 Mei 1947
Wat die mense van die eindtyd aangebied word aan barmhartigheid en liefdesbewyse van God; kan hulle ruim vergoed vir die nood en lyding van die tyd, want dit verseker vir hulle `n vinnige vooruitgang as hulle die barmhartigheidsgawes waardeer en na sielerypheid strewe. Dit is die tyd waarvan geskrywe staan dat God in die Gees by Syne sal bly tot die einde. Dit is die tyd waarin die mense Hom sal sien kom in die wolke, en waarin die verbinding tussen hemel en aarde opmerklik sal wees. Nie slegs in die verbeelding van die mense nie, maar in werklikheid, sal wesens op aarde besig wees en lig versprei. Waar die mense vanuit die Hoogte onderrig sal word, waar God in die Woord Self tot die aarde sal neerdaal en Syne die Brood van die Lewe aanbied, waar die mense steeds uit die Bron van die Lewe kan skep; daar bied God vir hulle Self die Lewensdrank aan om aan hulle krag te verskaf.
En in die tyd sal daar iemand van homself laat spreek wat bestem is om die laaste bode te wees van die Heer en wat as Sy Voorloper, Hom sal aankondig. Hy sal aan die mense die waarheid verkondig en sonder skroom spreek, ofskoon hyself daardeur in gevaar kom om aangeval te word. Die wêreld laat hom egter onbekommerd en hy verwissel graag die aardse vir die Ewige Lewe. Hy vrees daarom nie die wêreld nie want hy weet, hoe naby die einde is en wat die mense te wagte staan wat nie daarin glo nie. Sy verskyning is al `n buitengewone barmhartigheid, want die mense word voortdurend bedagsaam gemaak op die naderende einde en so aangespoor tot siele arbeid. Sy aandag word op die Ewigheid gerig en in hom sal `n buitengewone krag wees, sodat hy siekes kan genees en hulp sal bring waar dit nodig is - terwyl dit van die kant van die mense onmoontlik lyk. Hy sal ook `n voorbeeldige lewe in liefde lei en God se Gees sal hom vervul. God sal Self deur hom werk en wie hom aanhoor, hoor God self aan, hy hoor Sy Woord deur `n mensemond, maar wel soos dit van God af uitgaan. Die laaste barmhartigheidstyd wat nog groot resultate kan oplewer vir die mense wat na volmaaktheid strewe, het nou gekom, en al moet hulle onmeetlike aardse lyding ervaar, het hulle tog die voordeel as hulle die barmhartigheidsgawes benut. Want nou weet hulle dat die einde naby is, omdat hulle die Voorloper herken, en vol vreugde nou die Heer Self verwag. En Hy sal ook spoedig verskyn om hulle te verlos uit die groot nood en sal hulle bring in `n land van vrede, soos wat Hy belowe het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205