Boek 7 - Die Voorloper
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22.

`N NUWE GEESTELIKE RYK – PROFEET- NUWE GESLAG
BD 1107 - 23 September 1939
In `n heeltemal nuwe geestesrigting sal die mensdom haar ware heil moet erken en hulle moet hardop getuig dat slegs dit hulle redding was uit alle nood. `n Gekwelde, deur alle ellende besoekte geslag kan homself verlos uit die grootste aardse kwelling deur die omvorming van hulle innerlike wese en `n deeglike werk aan hulle sielelewe. `n Veredeling op so `n manier het dan ook `n verbetering van die aardse situasie tot gevolg, want slegs die lae peil in geestelike opsig is die oorsaak van alle liggaamlike plae. Maar dit word opgehef sodra die mens self geestelik moeite doen om volgens die eise van God se Wil te lewe, want die geestelike duisternis van die mens het `n verskriklike uitwerking. Tallose siele gaan die verderf tegemoet en kan nie anders gered word as deur `n bomatige swaar aardse lewe nie.
En in die nood van hierdie siele sal die Heer `n man laat opstaan, wie se gees vol van die Goddelike gees sal wees. Hy sal op so `n wyse van God spreek, dat elke mens verlig sal sug, wat hom sal sien as bevryder van die gees van ontelbare dwalende mense. Mense sal hom ook bestry, maar sy Woord en die gesag sal die vyand beslis neerslaan. Hy sal oor die siele worstel, liefde predik en die harte laat ontvlam. Hy sal hulle aanspoor tot geestelike medewerking. Hy sal die mense die suiwer Goddelike leer aanbied, en elkeen wat gewillig is en wat die korrekte doen, sal die Gees herken wat uit hom spreek.
Hy sal geen aardse mag vrees en tog nooit geweld gebruik nie, slegs met groot geduld en liefde die mense wys op hulle verkeerde lewenswandel, hulle sug na die wêreld en op hulle ondergang. En baie sal sy woord verneem en daarby steun vind, hulle sal in hulself keer en die waarheid van sy woorde insien. Hulle sal hom wil beskerm teen sy vervolgers en daar sal selfs weldra twee partye vorm wat mekaar sal bestry. Maar die Heer sal aan hulle wat vir hom is, groot krag verleen, en die mag van die teenstanders sal (oor hulle = opm.v.d.Hol. uitg.) afneem. En so begin (in hulle, geestelik; opm.v. d.Hol. uitg.) die nuwe Ryk. En geseënd is hy wat aan die innerlike stem gehoor gee en opkom vir wat hy in homself verneem. Geseënd, wie homself by die leër van die stryders vir God aansluit en teen die wêreld van die teenstander optrek.
Die gekwelde siel sal bevry en gered word in die laaste uur, en `n nuwe tydperk sal aanbreek. Die uiterlike skyn, glans en prag van die wêreld sal nie meer so begeer word soos voorheen nie, want die mens sal homself rig na sielerypheid en sal strewe na geestelike rykdom. Sy verlange sal meer gerig wees op geestelike gawes van bo, wat die wêreld nie kan bied nie.
In die tyd sal daar `n nuwe geslag voortkom en die draers word van die ware Christendom. Hulle sal in die liefde tot God en die naaste lewe en die bestemming van die mens insien, dus bewustelik werk aan die voleinding. Die siel sal homself met die Gees verenig en haarself verbind met God, die Vader en Skepper van alle dinge - om met Hom verenig te wees tot in alle Ewigheid. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205