OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk11
9 Jan.2008   06:37
Weereens wil EK julle almal aanraai om so spoedig as moontlik julle weg na MY te vind waar EK julle teen MY bors wil vasdruk. Gee alles oor in die wêreld en kom skaar jou by MY, sodat EK jou kan beskerm en red. MY kinders, los die wêreldse dinge vir die wêreld en die wêreldling en kom na MY. Gee alles in MY hande oor en EK sal alles vir jou beskik en jou deel sal jy kry van dit wat jy nodig het, maar kom uit die wêreld met haar lokkende rykdomme. Laat dit alles agterweë en volg MY. Weet julle dat daar mense was wat dit werklik gedoen het tydens MY lewe op aarde? Hulle het al hulle geld en besittings net so agterweë gelaat en MY gevolg. Dit, MY kinders is wat EK van elke een van julle ook vra. EK is die beste bestuurder en EK sal jou sake vir jou reël. EK sal sorg dat jy genoeg werk het om jou rekeninge te betaal en dat jy kos het om te eet. Moenie gaan soek vir geleenthede waar jy jou inkomste kan vergroot nie. Dit sal jou dieper in die wêreldsee intrek en jy sal dan nie jou weg na MY strand maak waar jy veilig sal vasmeer nie. Dink daaraan dat EK nog niemand wat op MY vertrou het, van die honger laat omkom het nie. EK sorg altyd en as die kraaie vir Elia kos aangedra het, kan EK hulle vir jou ook stuur. MY kinders, die einde van tye is op hande en daar is nie meer tyd oor om jouself in wêreldse dinge te stort nie. Wy elke oomblik aan MY en jy sal verbaas wees hoe die seëninge in sal stroom, omdat jy MY bo alles stel. EK weet dat daar baie van julle is wat nou hier lees en wat dit nie regtig wil waag nie, maar Ek wil net sê: “Wie nie waag nie, wen nie!” EK is die mees veiligste Waagstuk wat jy kan kry en jy sal veilig op aarde en in die hiernamaals wees en baie goed versorg ook. Gee alles aan die arbeid vir MY op en jy sal niks kortkom nie. Dit is nie leë beloftes soos die wêreldse sakebedrywe nie, My beloftes hou altyd nog meer in as wat jy ooit kan raai. Maar jy moenie daaraan twyfel nie en jy sal net voorspoed hê. Onthou, MY voorspoed is nie dieselfde as die voorspoed van die wêreld nie en jy sal miskien nie ‘n mooi voertuig hê om mee te ry nie, maar jy sal verseker die ewige lewe hê en wat kan dan meer voorspoedig wees as dit? Wees nie besorg oor mooi voertuie en huise nie, want dit is die bekommernisse van die wêreldling. Jou enigste bekommernis is om jou skippie veilig te laat vasmeer. My kinders, as EK jou skippie vir jou stuur, het jy ook nie eers daardie bekommernis nie en daarom sê EK dat jy geen bekommernis het as jy alles in MY hand los nie. Sorg net dat jy MY liefkry, wat baie maklik is, en jy is geholpe tot in MY ryk. Doen net alles wat EK julle beveel en julle sal heeltemal veilig in ‘n stormagtige see vaar, terwyl die wêreldling op die bodem sal sit en nooit sy weg na MY vind nie. Bid vir hulle, MY kinders, sodat hulle sal besef waar hulle is en ‘n daadwerklike poging sal aanwend om ook na My te kom. Dit sê EK nou vir almal wat wêreldse probleme ondervind en nie weet wat om daarvan te maak nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205