OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 13
10 Jan.2008 7:00
Terwyl die mense wat MY gekruisig het onophoudelik gelag en gejubel het omdat hulle nog iemand doodgemaak het, was daar die wat net daar rondgestaan het en baie verslae en hartseer was. MY kinders, julle het nie ‘n benul van dit wat hulle alles gadegeslaan het nie. Dit het hulle binneste gebreek en met nuwe oë het hulle na mense gekyk. Hulle kon nie glo dat iemand so wreed kon wees nie en was verpletter in hulle binneste. Nadat almal weg is, het daar nog van MY mense rondgestaan en wou MY liggaam hê. Dit sou nie normaalweg aan hulle toegestaan word nie, maar in hierdie geval was hulle maar te bly om van MY liggaam ontslae te wees en dit is aan hulle toegestaan. Hulle het MY liggaam met groot weemoed van die kruis afgehaal en stadig in doeke toegedraai. Te bang dat hulle MY verder sou seermaak, al was EK toe alreeds nie meer in MY liggaam nie. Groot trane het hulle gestort en met groot verdriet het hulle MY liggaam na die grafkelder gedra. Daar was nie baie van MY mense meer teenwoordig nie en die meeste is al vroeg weg sodat hulle nie MY sterwensuur gesien het nie. Al MY dissipels was ook nie daar nie, omdat hulle gevrees het vir hulle lewens. Net MY Johannes was daar en het ook gehelp om MY liggaam van die kruis af te haal. Julle kan julleself indink hoe dit moet voel om ‘n geliefde so te moet sien ly en dan nog na die tyd sy verskeurde liggaam te moet hanteer ook. Dit is deur MY aan hulle toegestaan, sodat MY liggaam nie deur die kruisigers ontheilig sou word nie. Daar is met spoed, maar tog baie versigtig met MY liggaam te werk gegaan, omdat dit die aand voor die sabbat was en hulle na hulle huise moes keer. Dit was ‘n reël in daardie tyd dat almal in hulle huise moes wees voor die sabbat aangebreek het. MY dissipels het wel nie meer die sabbat gevier soos die ou Judeërs nie, maar wou tog nie nog moeilikheid met die tempel hê op die dag van MY kruisiging nie. Hulle almal was tot die dood toe uitgeput na die dag se gebeurtenisse en wou net tot ruste kom en na hulle huise gaan waar hulle hulle groot hartseer alleen wou dra. Nadat MY liggaam in doeke toegedraai was en hulle op pad was na die grafkelder waar hulle MY liggaam wou gaan neerlê het, het daar van die Fariseërs aangestap gekom en wou met MY mense raas omdat dit alreeds sterk skemer was. Hulle het dit gate uit geniet om MY liggaam in hulle hande te sien en het gedink dat hulle nou alle mag in hulle hande het en dat hulle MY mense sou beboet en straf vir die “sonde” teen die tempel en die sabbat. Maar hulle het nie gedink dat MY GEES nog gelewe het nie en is met ‘n donderslag uitmekaar gejaag nog voordat hulle eers een woord met MY mense kon wissel. EK wou hulle beskerm teen hulle en het geweet dat hulle nie lus gehad het om in ‘n gesprek met die tempeldienaars te wees nie. Dit het die fariseërs heeltemal onkant gevang en hulle het hulle stom geskrik. Nie een van hulle kon verder praat vir die res van sy lewe nie en het stil in hulle binneste ook geword. Daardie drie fariseërs het terug gegaan en kon aan niemand vertel wat gebeur het nie. Ook was hulle te geskok om selfs te skryf, wat hulle wel kon doen. Hulle is later deur die ander fariseërs as mal afgemaak en is oneervol uit die tempeldiens ontslaan waar hulle ‘n armoedige lewe gelei het en ook later na MY gekeer het. Hulle het na MY dissipels gegaan, maar kon nooit genees word van hulle stomheid nie. Wel is hulle harte genees en hulle het na MY gekeer en is ook deur MY gered. Dit is hoe EK ook MY kinders beskerm teen mense wat van teveel praatjies hou. MY kinders, hou julle monde dig toe en praat net wanneer dit nodig is, sodat julle nie ook sonde op julleself laai nie. Baie keer sê julle iets wat heeltemal ongepas is en dan berou jy dit later, maar die skade is klaar aangerig. In hierdie geval was die fariseërs nie lus vir skinderpraatjies nie, maar hulle praatjies was op die verkeerde tyd en met die verkeerde ingesteldheid. Dink daarom ook voordat julle praat en wees eerder stil en luister na MY stem binne jou. EK sal jou aansê wanneer om te praat en wanneer om stil te bly.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205