OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 15
11 Jan.2008 06:24
Daar het groot konsternasie geheers toe EK na Golgota aangestap gekom het met die ruwe kruis op MY rug en baie moeg en uitgeput het EK op ‘n punt gekom waar EK amper inmekaargesak het weens die swaar las op MY skouers. Terwyl die hele skare van mense agter MY ook tot ‘n halt gekom het, het EK net daar in die pad gestruikel en ‘n bietjie gerus. Dit was daar dat iemand ‘n lap aan MY gegee het om die sweet en bloed van MY gesig af te vee. Dit was die dogter van ‘n vername man en sy het amper met haar lewe daarvoor geboet. Die soldate het met nuwe ywer op haar toegesak omdat hulle haar dan ook wou slaan weens die goeie daad aan MY bewys. Die goeie dade wat iemand aan MY bewys word nooit deur MY afgewys nie en EK het die doek by haar gevat en MY gesig daarmee afgevee. Vandag bestaan daar gerugte dat die doek gevind is en dat hulle die bloed daarop kon sien, maar dit is nie die waarheid nie, aangesien die doek saam met die meisie se huis vernietig is in die groot brand wat daarop gevolg het. Die dienaars van satan het etlike jare daarna al MY kinders aangeval en al hulle eiendom vernietig en so het hulle dan ook tot hulle einde gekom deur vir MY te ly. Maar die goeie daad wat sy aan MY bewys het, deur MY ‘n doek te gee waaraan EK MY gesig kon afvee, het EK onthou en sy is deur MY daarvoor beloon. Sy het baie gewaag om deur die menigte van satansdienaars te loop en na MY te kom. MY kinders, dit is wat EK van elkeen van julle ook wil hê. Kom na MY in die aangesig van gevaar en al lyk dit of die vyand die oorhand oor julle het, moet julle MY nie verloën nie. Staan by MY, al kan julle MY nie sien nie en EK sal by julle staan. EK sal julle beskerm soos wat EK haar ook beskerm het en niemand het gewaag om ‘n hand teen haar te lig nie, omdat EK hulle almal mat ‘n lamheid geslaan het, totdat sy weer teruggegaan het. Selfs nie eers daardie lamheid kon hulle van stryk afbring en laat wonder oor hierdie “misdadiger” wat hulle so gemartel het nie. Met nuwe ywer het hulle voortgegaan om MY te martel en aan te jaag tot op Golgota waar hulle MY aan die kruis vasgepen het. Dit is wat EK vandag vir julle wil tuisbring, sodat julle nie sal struikel as daar gevaar naby is en MY verloën nie. Daar sal nog tye in elke een se lewe kom dat hy MY openlik moet bely of ‘n goeie daad aan een van MY kinders sal moet bewys en dan sal hy dit ten tyde van groot gevaar moet doen. Julle weet nie wat die satan vir julle beplan tydens die regering van die Antichris nie en daarom sê EK dit noual vir julle, sodat julle kan sterk word in MY. Daardie meisie het MY bo alles liefgehad en daarom was die gevaar nie eers vir haar ‘n bedreiging nie. Sy het ook háár lewe op die spel geplaas, sodat sy MY kon help. Dit is deur MY vergoed en waar sy nou is, juig sy oor daardie enkele bewys van liefde, gedoen aan MY. Gee van jouself en jy sal dit meer as dubbeld terug ontvang. Gee jouself onvoorwaardelik aan MY en EK sal jou vergoed daarvoor en woorde sal nie eers kan beskryf wat EK aan jou sal gee daarvoor nie. MY kinders, werp alles in die stryd en kry MY nou lief, want in die tyd dat die satan die oorhand gaan hê oor julle en julle baie onderdruk, gaan daar nie tyd wees vir julle om MY dan eers te kom soek en lief te kry nie. Dink nou in die rustige tye daaraan en weet dat die tye nie meer vêr is nie. Dink nie aan jou liggaam wat tog in elk geval tot niet gaan nie, maar dink aan jou siel wat ewig hierna sal leef of in die poel van duisternis kan beland.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205