OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 28
16 Jan.2008 12:05
Na waters waar rus is sal EK julle almal neem Julle wat MY liefhet en MY gebooie van liefde bewaar. Na koel strome sal julle gaan en MY GEES sal julle daarheen lei. Volg MY in alles en EK sal julle na ‘n pragtige plek vat waar daar vir ewig vrede sal wees. MY ryk het baie gebiede en die regverdige wat na MY smag, sal wees waar dit hom die beste geval. Daar waar EK is, sal almal wat MY liefhet wil wees. Julle sal daar bly en in vreugde sal julle MY dien. Hoe sal julle MY in ‘n volmaakte plek kan dien? Julle sal werksaam wees in gebiede waar die geeste MY nog nie ken nie. Daar is ryke in die hiernamaals waar daar algehele duisternis heers en waar daar geen liefde is nie. Die volmaakte geeste in My ryk gaan dan daarheen en lei die mense wat in duisternis verkeer dan na ‘n beter plek as hulle dit sou verkies. My engele of dienende geeste mag niemand dwing nie en moet elkeen se eie wil respekteer. Julle almal wat MY liefhet, sal ook eens as julle tot sterwe gekom het, vir MY op so ‘n manier dien. Dit vereis absolute naasteliefde om weer na liefdeloosheid terug te keer en daar siele vir MY te gaan haal. Die siele in daardie ryke weet die meeste van die tyd nie eers dat hulle al hulle aardse lewens afgelê het nie en dink dat hulle in baie snaakse omstandighede beland het. Hulle weet nie van beter nie en moet dan deur MY engele tot beter insigte gebring word waar hulle dan so van ryk tot ryk gaan tot hulle na MY gebring kan word. Dit is die werk wat julle te wagte staan as julle eendag in MY ryk kom. Strewe daarna om soveel lig/liefde bymekaar te maak sodat jy vir MY, en daardeur jou naaste, tot diens te kan wees. Julle sal ook weer na die aarde moet kom, om die mense wat aan julle toegesê word, te beïnvloed en hulle gedagtes na MY te lei. Dit is ‘n baie moeilike taak, omdat niemand gedwing mag word nie. Hoe liewer julle MY het, hoe groter sal julle wees in MY ryk, omdat die liefde die maatstaf is waarmee alles gemeet word. Strewe na MY en jou liefde sal vermeerder.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205