OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 31
18 Jan.2008 16:21
In die verlede was daar baie mense wat My liefgehad het en dan ook groot dinge in MY Naam gedoen het. Neem nou maar die voorbeeld van die man wat sy hele lewe opgeoffer het om die mense wat in ‘n brandende gebou vasgekeer gesit het, te help en daardeur self tot sy einde gekom het. Dit was in die ou tyd voordat daar elektrisiteit bestaan het en ook in ‘n ver land waarvan julle nie eers bewus was nie. Dit is ook nie opgeteken in die geskiedkundige boeke nie, maar by MY staan dit opgeteken in hoofletters, want dit was ‘n daad van groot naasteliefde. Daardie man het, nadat hy die mense uit die gebou gered het, vir dae gelê met die ergste brandwonde denkbaar en was erg vermink. Hy het in groot pyn verkeer en kon nie sy oë toemaak nie, omdat sy ooglede geskroei het. Sy oë het uitgedroog terwyl hy in sy bed gelê en ly het. Nou sal julle vra: Nou waarom het U hom nie begenadig nadat hy sy lewe aan ander gegee het nie? My kinders, die feit dat EK hom nog lewe geskenk het en hy daardie lyding moes deurmaak, was op sigself ‘n groot seëning gewees. Julle almal weet van die siel wat aan die liggaam vasgekluister kan bly na die dood. Dit sou met daardie man gebeur het, as hy dadelik tot sterwe gekom het en die lyding wat hy in sy erg verbrande liggaam moes deurmaak, het sy siel van sy liggaam geskei en hy het in die gees oorgegaan. Nadat hy dan die gees gegee het, het hy in MY arms wakker geword, nadat dit vir hom gevoel het of hy net aan die slaap geraak het. Bang en verontrus het hy om hom gekyk en gewonder waar hy nou was en toe hy in MY oë kyk, het ‘n groot vrede oor hom gekom. Dit was alles vir hom nodig, anders sou hy in die grootste duisternis wakker geword het. My kinders, daar is tans baie mense wat ly en julle weet nie aldag hoekom nie, maar nou sal julle beter verstaan. Dit is om vir daardie persoon, wat nog erg vas is aan sy liggaam, ‘n weg na MY te baan deur die lyding wat hy moet ondergaan. Dit is dan ook waarom Ek julle almal deur die kwaai beproewings geneem het, terwyl julle verdrukkers julle sleg behandel het. Julle het na MY gekeer in gebed, soos daardie man wat gelê en ly het en My daardeur ontmoet het. Daar kom nog ‘n erger beproewing vir julle, omdat EK SELF met die verdrukkers wil afreken en julle nie ‘n hand mag lig, voordat EK julle nie toestemming gegee het nie. Julle sal almal deur die lyding wat julle deurgegaan het, dan MY Stem kan hoor en MY in die vlees kan sien. Baie slegte dinge wat oor julle kom, het ook ‘n doel en EK sal MY doel met julle bereik, al lyk dit soms vir julle onregverdig omdat EK nie dadelik help wanneer julle MY vra nie, maar Ek weet waarom en na die tyd sal julle juig, soos die man gejuig het toe hy MY sien en dadelik geweet het waarom hy so ‘n lyding moes deurgaan. EK weet ook wie om te neem en wie om te los, sodat hy nog langer kans kan kry om MY te soek op aarde. Daar is mense wat net slegter en slegter sal raak as hulle op die aarde gelos word en hulle sal dan nooit hulle weg na MY vind nie. Dan gryp EK in, en bring die mens te sterwe om daardie siel in die hiernamaals beter te kan bewerk en hy dan op so ‘n manier tot MY kan kom. Julle moet nooit dink dat dit onregverdig van MY is wanneer EK mense van die aarde af wegneem nie, omdat EK die beste weet waar hulle siele heen sal gaan as hulle hier sou bly. EK is bekommerd oor elke mens se siel en doen net wat die beste is vir sy sieleheil, sodat hy ook gered kan word en nie in die hande van die bose val nie. Ag MY regverdig en jy sal leef.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205