OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 34
19 Jan.2008 07:12
Jammer genoeg is daar vandag mense wat nie glo dat EK regtig gekruisig is nie, omdat hulle die hele tyd stry of EK aan ‘n vloekhout of ‘n paal vasgespyker is. My kinders, die vloekhout is eers ‘n paar jaar na MY kruisiging gebruik en nie op daardie tydstip van MY lewe op aarde nie. Die paal is deur die volgende generasie mense gebruik vir misdadigers en dit omdat hulle gedink het dat hulle kosbare hout verlore laat gaan deur ‘n dwarsbalk te gebruik. EK is in die vorm van ‘n kruis opgehang en MY hande was in ‘n reghoek met MY lyf en nie bo MY kop soos wat party mense beweer nie. Maar die feit bly staan dat dit ‘n sinnelose gestryery is en wat die stryers niks baat nie. Wat hulle wel baat is die feit dat EK gedood is en in die hel in gedaal het en MY siele daar verlos het en dit is gedoen, sodat selfs die wat so lekker sit en stry, gered kan word. Gee ag daarop dat julle nie oor nuttelose feite sit en stry nie, omdat dit julle ook van die punt van MY kruisiging afbring en in plaas daarvan dat julle MY lyding aanskou en uit diepe dankbaarheid vir MY in julle harte bid en ook om verlossing vra - wat eintlik die doel van MY kruisiging was - gaan julle nou in vyandskap uitmekaar en is vies omdat die een nie die ander een se stelling wil aanvaar nie. MY kinders, dit is ook ‘n manier van satan om julle uit julle harte te gaan haal en in julle verstande te bring, waar julle eie ego’s baie groot geword het, want “ek is mos altyd reg”, nê! Dink nie daaraan of Ek so of so gekruisig is nie. Aan elkeen wat MY werklik liefhet en wat werklik MY kruisiging waardeer, sal EK die waarheid gee en EK sal selfs sy geestesoog open, sodat hy MY kan sien in die toestand waarin EK was. Hy sal dan self sekere feite wat nooit eers genoem is nie, kan sien en dan so die reine waarheid kan sien met sy eie oë. Daarom is dit heeltemal oorbodig om te stry oor dinge waarvan julle niks weet nie, omdat dit baie jare voor julle geboorte plaasgevind het. Ook die feit dat MY hande en nie polse deurboor is nie, word ook ‘n baie groot stryery by party van julle. MY kinders, EK is deur MY hande deurboor en nie MY polse nie en die rede daarvoor is dat satan MY tien gebooie, wat deur MY tien vingers voorgestel word, wou verbreek en daarom het hy MY hande deurboor, omdat die vingers se senuwees alles daar bymekaar kom en hy almal sommer met een klap kon raakvat en verbreek. Dit was hoe dit gebeur het en moenie daaraan twyfel nie, omdat die feitekennis jou nêrens sal bring nie, maar die kennis van die liefde, en daarmee MY liefdesdaad, van baie belang is. Die feit bly staan – Ek het vir julle gely, gesterf en julle verlos van die bose en julle hoef nie te vrees dat julle in die hel sal beland nie, omdat EK vir julle gely het en jy nie self daardie las hoef te dra nie. Dit is die belangrikste, MY kinders, en konsentreer daarop met liefde, in plaas daarvan om te stry. Sal ‘n pa bly wees as sy kinders hom ignoreer en dit wat hy vir hulle gedoen het miskyk, maar die hoe en die wanneer vir hulle belangriker is as HY? Nee, enige pa wil hê sy kinders moet hom raaksien en in dankbaarheid op sy skoot kom sit en hom vertroetel en nie sit en stry oor sy dade nie. Dink dan nou hieroor na as jy ook gestry het oor MY kruisiging en weet - dit het EK uit oorgrote, onmeetbare liefde vir julle gedoen en julle moet eerder aan MY liefde, met liefde in julle harte dink, dan was MY kruisiging ook vir jou tot nut. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205