OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 35
19 Jan.2008 07:33
Tussen julle mense vandag is daar baie engele teenwoordig wat julle help om op die regte pad te bly en MY engele wat nog nie mens geword het nie, is ook tussen julle in ’n ander dimensie besig om met julle te werk. Baie mense sê dat hulle al engele gesien het en is baie bly daaroor en dan is daar mense wat bitter graag ‘n engel wil sien en nooit, volgens hulle, ‘n engel gesien het nie. MY kinders, baie van julle wat hier lees is self engele wat besig is om die weg na MY terug te vind deurdat julle MY woorde lees. Almal van julle wat wel engele is, is hier op die aarde op hierdie tyd, sodat julle ander wat nog sukkel, na MY kan bring en dit is die rede dat julle dan in menseliggame op aarde is. Ek het die wete vir julle by geboorte uitgewis en julle weet nie wie en wat julle is nie. Dit is met ‘n doel en rede so deur MY gedoen, nadat jy self eers daarmee akkoord gegaan het en die opdrag wat EK jou gegee het, aanvaar het. Dit is julle doel op aarde om lig te bring in die duister wêreld om julle en daar is baie mense wat julle lig sien en julle dan volg en so by MY uitkom. MY kinders, julle sal almal eendag weet wie julle is wanneer julle by MY opgeneem word, of selfs wanneer julle hier op aarde met MY Een geword het. Strewe na die eenheid met MY en EK sal jou kan wys wie jy is. My kinders, voordat jy Een met MY geword het, sal EK jou nie kan wys nie, omdat jy dan ‘n baie groot dunk van jouself sal ontwikkel en jy dan hoogmoedig en onbruikbaar vir MY word. Wees nederig, omdat jy nie beter is as ander mense nie, al is jy ‘n engel wat lig moet bring aan ander. Julle moet ook nie dink dat iemand anders ‘n engel is en dit vir hom sê nie, omdat die gevaar bestaan dat hy dit later self ook kan glo en dan hoogmoedig kan word. MY kinders, EK sal wel julle oë open sodat julle kan herken wie hier op aarde is om julle op die regte weg te bring en julle te lei. EK sal dit in elke een van julle se harte bekend maak wie julle moet volg in die groot stryd wat kom, en julle sal weet wie die leier van die volk sal wees wat EK uitverkies het, omdat hy nederig is. MY kinders, hy het tot op hede glad niks geweet nie en was baie verwonderd en verbaas toe ek dit aan hom bekend maak dat hy MY volk sal moet lei. EK het hom SELF uitgekies en hy sal dit nie aan julle bekend maak nie. EK SELF sal dit vir julle sê, sodat julle nie dink dit is iemand wat weer die leier wil wees omdat hy hoogmoedig is nie. Teveel in die verlede het julle na julle leiers opgekyk en is deur hulle verlei om verkeerde dinge te doen, maar hierdie keer het EK hom SELF gekies en hy het homself nie gekies om op ‘n raad te dien, of die voortou te neem nie. Niemand sal eers vermoed wie hy is nie, omdat hy ‘n baie stil persoon is wat homself altyd op die agtergrond hou en baie min praat. My kinders, dit is so deur MY gedoen, sodat julle MY Hand daarin kan sien en die wat hom ken, sal net MY wonderwerk daarin raaksien. Julle almal sal dan deur hom reg gekry word vir die stryd wat kom, omdat hy na julle almal sal kom en julle sal hom oombliklik herken met MY GEES wat julle die waarheid sal ingee. Dink nie dat dit iemand is wat in prag en praal lewe nie en hy is baie armoedig en heg geen waarde aan aardse besittings nie, omdat hy die nietigheid daarin raaksien. Wanneer hy na julle sal kom, moet julle weet dat die stryd in julle land baie, baie naby is en julle moet julleself net aan MY Hand oorgee om julle gereed te kry vir die stryd, omdat net EK, en nie hy nie, julle sal kan red. Hy sal net MY opdrag aan hom uitvoer en julle sal weet dat hy julle in MY Naam sal lei, sonder om self die leier te wil wees. MY kinders, kyk na MY en julle sal leef. Vestig julle aandag op MY en nie op ‘n mens nie. Vrees nie die oormag nie, omdat EK julle sal verlos en wees getrou sodat EK, julle Almagtige en Liefdevolle Vader julle kan verlos.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205