OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 36
20 Jan.2008 07:35
MY kinders, EK, as julle liefdevolle Vader, sal julle nooit verlaat nie, al kwyl die bose hier om julle en probeer julle siele verontrus. Die bose haat julle en natuurlik die meeste vir MY en probeer julle almal van MY af wegrokkel en ook om julle deurmekaar te maak deur julle te probeer oortuig dat MY woorde verkeerd is. Solank julle net by MY bly en MY uit die diepte van julle harte aanroep en liefhet, sal die bose julle nie kan oorneem en julle sal weet dat dit EK is wat met julle praat. MY kinders, EK beskerm die persoon wat net na MY kom vir hulp en leiding en daarom sê EK vir julle dat julle na MY Stem moet soek, sodat jy nie deur iemand, wat jy dínk sy woorde van MY ontvang, mislei kan word nie. EK gebruik My skryfknegte, ja, maar hulle is ook net mense en daarom nie betroubaar nie. Solank hulle vir MY skryf, sal EK nooit toelaat dat daar verkeerde dinge uit hulle pen gaan nie en julle kan maar elke woord glo wat hulle in MY boeke neerskryf, omdat hulle MY baie liefhet en nie onder die mag van die bose staan nie. Maar moenie hulle kom vra vir leiding nie, omdat net EK die EEN is wat lei. Hulle almal is maar net mense soos julle en wil nie die leiding neem nie, omdat hulle hulle nietigheid ken, en het almal lief en wil daarom nooit vir iemand verkeerd sê nie. Kom na MY en vra elke ding in jou hart aan MY en EK, wat al jou vrae ken, sal dit in MY boeke deur MY skryfknegte aan julle beantwoord en julle sal dan ook sommer kan sien dat MY skryfknegte MY waarlik dien, omdat julle weet dat hulle julle nie ken nie. EK is julle Vader en niemand kan daardie plek inneem en oorneem nie. MY kleintjies, julle het nie ‘n benul hoedat die Satan julle haat en julle probeer verlei nie. Kom vra MY en MY alleen en EK sal julle sê. Daarom het EK ook gesê dat MY boodskapper julle nie self sal sê wie hy is nie, omdat julle nie die woord van ‘n mens moet aanneem nie, maar Ek sal dit aan julle deur julle harte bekend maak wie hy is. Glo net MY Stem en niemand anders nie, omdat die Satan hom as ‘n mens kan voordoen en julle kan verlei. In ‘n wêreld waar daar niks meer snaaks is nie, sal julle verbaas wees hoeveel snaakse dinge nog om julle afspeel wat julle dink, normaal is. Daar is baie boosheid om julle waarvan julle nie bewus is nie en daarom het EK in ‘n vorige boek aan julle gesê dat as julle sou kon sien om julle, julle die hele tyd sou gewaak en gebid het, omdat die bose sommer hier naby julle is. Hy kan julle niks doen nie, as julle net by MY bly, maar wanneer julle net een stappie verkeerd maak, sak hy op julle toe en julle weet dan nie waar al hierdie skielike moeilikhede vandaan kom nie. Maar as julle mooi oplet, sal julle agterkom waar julle verkeerd gehandel het en julle sal insien hoedat Satan julle met ‘n valkoog dophou sodat hy julle kan aanval. Daarom is dit so belangrik om MY die hele tyd te kom soek en in gebed te bly, selfs al is jy besig met jou aardse dinge. MY kinders, EK kom julle een van die mooi dae verlos van die boosheid, ook die bose in julle land en julle almal sal MY Stem self in julle binneste kan hoor en niemand sal dan vir julle verkeerde dinge kan sê nie, omdat julle dadelik sal weet wat reg en wat verkeerd is. Klou net aan MY vas en wees nie slim in julle eie oë nie, omdat die bose daarvan hou om “slim” mense te verlei en dit vir hulle baie maklik is om verkeerde dinge in so iemand se kop te sit. EK het julle so lief en wil julle beskerm as julle MY sal toelaat deur die hele tyd met MY in verbinding te bly. Julle sal dan nie regs of links afwyk nie, want julle sal dan ook vinnig Een met MY word. Sodra jy die Eenheid met MY bereik het, sal jy alles kan sien en die bose sal dan heeltemal van jou wyk en met nuwe krag sal jy dan kan voortgaan en elke bose onding sal jy kan bestraf en die mag oor alles hê. Dit sal jy net kan bereik deur MY GEES binne jou. Streef daarna sodat jy nie deur die bose oorkom kan word nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205