OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 38
20 Jan.2008 08:21
Weet julle dat EK julle baie liefhet? Julle almal sê ja, maar weet julle regtig wat dit beteken? Dit beteken dat EK vir julle doodgemaak is en julle siele van die bose bevry het. Julle almal verstaan nog nie die bose aanvalle op julle nie en weet nie hoe boos hulle is nie, en sal daarom nog nie MY kruisdood so waardeer soos iemand wat alreeds die bose gesien het en deurgeloop het onder sy vieslike vuiste nie. MY skryfkneg het al deurgeloop en was stom van verbasing oor hoe fyn die bose, dinge wat deur MY aan haar gesê is, kan verdraai en haar beskuldig van dinge wat sy glad nie gedoen het nie. EK gee haar opdragte om uit te voer en sy word dan deur die bose beskuldig van verkeerde dinge en valse beskuldigings wat sy dan aan ander toedien. Sy het haar werk gedoen wat EK haar opgelê het, en is deur die bose oorval en amper van stryk af gebring, deurdat sy vertel is dat sy nie ander liefhet nie en ander van valse dinge beskuldig. MY kinders, julle weet nie hoe die bose MY woorde kan verdraai nie, en sal alles in hulle vermoë doen om MY kinders van stryk af te bring deurdat hulle MY woorde aan hulle verdraai, sodat hulle moet begin twyfel of hulle die regte ding gedoen het. As julle net doen wat EK julle oplê, doen julle niks verkeerd nie en hoef julle nie bekommerd te wees dat julle sondig in MY oë nie. Kom skuil by MY, sodat EK julle kan sterk maak vir die groot geveg wat gaan kom met die bose, wat om elkeen van julle se siele woed. MY kinders, elke een van julle het ‘n vrye wil en sal daarom self kan kies of julle MY of die bose wil dien. Kies julle MY, sal julle voort kan gaan in krag en nie wankel nie, omdat EK julle van krag sal voorsien. Wees nie bevrees of verskrik nie, omdat EK julle stuur en wees nie bang omdat die Satan julle aanval as julle MY arbeid verrig nie. EK maak julle sterk en julle sal met MY oë na alles kan kyk en verstaan wat gebeur, terwyl die een wat nog iets of iemand bo MY stel, nog nie helderheid sal hê nie. Kom gee alles in MY Hande oor en gaan doen wat EK julle beveel om te doen en julle sal leef, al vervloek die bose julle herhaaldelik. Elke vloek sal tien keer erger oor homself terugkeer en in pyn sal die bose dan verkeer en MY nog meer daaroor haat. Maar wie het met MY kind kom sukkel terwyl sy of hy MY werk gedoen het, wat EK hom of haar beveel het? Dis bose het net homself te blameer as hy pyn ondervind, deur MY toegedien, en sal daarom niemand anders kan beskuldig van enige ongerief nie. My kinders, wees nie bang vir die bose satan nie, want hy kan julle niks maak nie, want Ek sal julle beskerm en julle sal as wenners in MY uit die stryd tree. Almal sal dan kan sien wie die ware kind van MY is en nie die bose meer glo nie. Dit belowe EK julle almal wat MY liefhet, al is dit net nog ‘n bietjie liefde vir MY, julle Vader en Skepper.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205