OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 4
6 Jan. 2008 06:48
Ek sit by Jahshua en HY sê dat ek na die ooste moet kyk en ek sien ‘n son opkom. Jahshua wys my dat die son se strale die omgewing verlig en hoe hoër hy gaan, hoe meer plekke word verlig. Soos die son vorder, bly daar nie een plekkie oor wat nie deur die son verlig is nie en teen die tyd dat die son al laag sit, was alles al verlig.
 
Vader dikteer:
Soos die son wat hoog bo die hemele sit, so is EK verhoog deur die kruis wat ‘n baie lang paal was. Die lang paal het MY sodanig in die lug in gevat dat baie mense MY kon sien. Dit was in daardie dae die gewoonte om korter pale te gebruik, maar omdat hulle MY buitengewoon gehaat het, het hulle op ‘n langer paal besluit sodat EK swaarder moes dra as die ander. Ook was die bedoeling gewees dat EK so hoog as moontlik in die lug moes wees en selfs die wat vêr agter gestaan het, MY lyding kon sien. Dit was deel van die vernedering wat satan vir MY beplan het en EK is ongenaakbaar deur die satansbende op die kruis gegooi en met woede is die spykers in MY hande en voete ingekap. Die kruis is ook baie hard in die gat neergebring sodat EK daardie pyn ook moes verdra. Deurdat EK verhoog is, het hulle gedink dat EK buitengewoon verneder is, maar dit was net andersom. Deurdat EK verhoog is, is EK verheerlik en elke een kon MY reddingsdaad aan die kruis te siene kry en daar was nie eers een wat MY nie kon sien nie. Die vernedering het net die teenoorgestelde effek gehad as waarop hulle gehoop het. Kyk na die son. Is die son se strale nie skerper en feller hoe hoër die son in die lugruim in beweeg nie? En elke plekkie word deur die son verlig, elke oog kan die son sien en daar is niemand wat nie kan sien dat die son neerbak op die aardbodem nie. Dit was dan ook wat gebeur het met MY kruisiging en daar was niemand wat kon sê dat MY kruisdood nooit plaasgevind het nie. Die mense van Jerusalem het almal na MY gekyk en daar was baie wat onaangeraak gebly het daardeur. Vele mense is, net deur na MY kruisiging te kyk, gered en het besef dat hulle Iemand gedood het wat nie van hierdie wêreld was nie. Dit was dan ook die rede van die verhoging van MY liggaam en dit het ook sy redding vir die mense tot gevolg gehad. Elke liewe “klein” dingetjie wat met MY kruisiging gebeur het, het dan ook ‘n betekenis gehad en niks het sommer net gebeur omdat dit toevallig was nie. As jy by MY bly en MY brood eet, sal jy oor elke gebeurtenis ingelig word.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205