OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 40
21 Jan.2008 08:49
Julle almal wat MY woord lees, sal weet dat alles wat EK in hierdie boek vermeld het, die waarheid is, al kom dit dalk nie ooreen met die Bybel soos wat julle hom ken nie. Maar weet julle, dat dit ook vir julle wat MY woorde glo, ‘n toets was om te kyk of julle MY woorde wat aan julle gebring word in hierdie tyd, geglo het, en of julle dit afgeskiet het. Die van julle wat alles glo wat EK aan julle bring, sal ryklik daarvoor beloon word, aangesien julle MY glo en nie iemand wat julle ‘n skinderbrokkie vertel nie. MY kinders, EK het julle so lief en wou julle daarom ook toets of julle MY lief genoeg het om MY woorde te lees, al kom dit dalk nie ooreen met die Skrif soos wat julle hom ken nie. EK sal elke een van julle wat MY Woorde oor MY kruisiging geglo het SELF by die hand kom vat en na MY ryk lei waar julle gelukkig saam met MY sal wees en EK sal julle ryklik daarvoor seën en julle sal dan weet dat EK julle uit MY Hart liefhet. MY kindertjies, daar is so baie wat MY woorde nie geglo het nie en MY skryfknegte afmaak as kinders van die satan, maar EK wil vir hulle sê dat hulle MY verwerp het en nie MY kinders nie. EK het ook vir hulle genade en sal hulle ook red as hulle na MY sou kom en vergifnis vra, maar hulle het hulle loon wat hulle sou ontvang weg en sal nie na dieselfde ryk as julle gaan wat MY woorde onvoorwaardelik geglo het nie. Daarom wil EK vir elkeen van julle wat MY woord geglo het sê:’Salig is julle, want julle het MY koninkryk beërwe!”
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205