OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 5
6 Jan. 2008 07:09
Jahshua sê vir my dat my hande en voete en verstand gedood is, maar die res van my lyf is nog nie gekruisig nie en HY vra my hoe ek my maag en bolyf gekruisig gaan kry. Ek antwoord HOM deur te sê dat ek dink dit is om lekker kos te vermy. Ek het alreeds opgehou met die eet van suiker en soetigheid, maar ek moet seker ander dinge ook begin vermy. HY sê dat ek moet eet wat ek kry en nie altyd die lekkerste kos moet maak nie. Ook moet ek nie teveel eet nie en dan sal ek my lyf ook kruisig.
(Die kruisiging van Jahshua was nie maklik nie en so ook nie die kruisiging van die eie ek nie. Louise)
 
Vader dikteer:
Ja MY kindertjies, MY kruisiging was baie swaar en die kruisiging van die eie ek is net so swaar, maar as julle aan die einde dink, sal julle met nuwe moed voortgaan en een met MY word. Kruisig julle mae ook. Julle moet nie lekkerbekkig wees nie en eet wat julle kry. Deur die lekkerbekkigheid behaag jy ook jou liggaam. Dit is waarom daar sekere mense is wat armoedig deur die lewe gegaan het. EK het dit self so bewerk sodat daardie mense MY in die proses kan leer ken en liefkry. Met die armoede in daardie huise kon hulle nie altyd eet wat hulle wou nie, maar wat hulle gehad het en dit was nooit baie en ‘n groot verskeidenheid nie. Daardie mense wat so deur MYSELF “gekruisig” is, sal nou die vrugte daarvan pluk en dankbaar sal hulle wees, omdat hulle nou ook vinnig met MY een kan word. Baie van die onsuiwerhede wat in ander mense vassit, is nie in hulle teenwoordig nie en daarom het hulle MY dan ook dadelik herken toe EK na hulle gekom het in die vorm van MY openbarings. Dit is hoekom EK julle teen lekker eet waarsku. As julle nie honger het nie, moet dan nie eet nie. Baie van julle eet omdat dit etenstyd is, of omdat die kos lekker lyk. Moenie agter lekkerte aan eet nie en jy sal baie gou jou liggaam “verbrand” om sodoende vinniger een met MY te kan word. Dit was dan ook die rede dat gal en asyn MY aangebied is aan die kruis. Omdat satan geweet het van alles wat EK ook nou weer aan julle sê, het hy MY met MY eie “medisyne” probeer terugkry en omdat EK almal teen lekker eet gewaarsku het, het hy MY die slegste goed denkbaar aangebied om te drink. Hy het gedink dat Ek dit sou drink, omdat EK nie omgegee het vir lekkernye nie. Die gal en asyn was ook vermeng met gif wat die senuweestelsel aantas en wat MY dan nog groter pyn sou verskaf, aangesien dit nie dadelik die dood bring nie. Maar EK het dit geweet en het nie eers een slukkie daarvan gevat nie. EK was rein tot op die einde van MY aardse lewe en daarom vra EK dit van julle ook, sodat jy heeltemal een met MY kan word. MY kinders, dit klink vir julle snaaks omdat EK die hele tyd van die eenwording met MY praat en julle kan nie verstaan waarom EK so daarop hamer nie, maar EK wil julle verseker daarvan dat julle alles sal verstaan wanneer EK julle die dag kom haal om julle finaal een met MY te maak. Daar is baie verkeerde dinge vandag teenwoordig wat julle oë verblind en dit laat lyk of EK nie waarheid spreek nie, maar EK is waarheid en kan nooit lieg nie. Die oomblik wanneer jy ten volle Een met MY is, sal jy alles kan deursien en deurvors en die grootste geheim denkbaar sal nie vir jou verborge wees nie. Dink daaraan en vertrou net op MY, want EK is die enigste een wat blinde oë kan open. EK sal julle dan alles wys en dankbaar sal jy juig in MY omdat jy dan ook die bose sieledeeltjies in die voedsel sal kan sien. Jy sal nie kan glo dat jy eens ook so daardeur bekoor was nie. MY kinders, alle vrae moet julle net aan MY rig en EK sal julle antwoord deur MY openbarings, gebring deur MY skryfknegte, gerig aan julle. Moenie jou vrae aan mense rig en by hulle om antwoorde soek nie. EK is die enigste wat jou vrae in diepste diepte kan verstaan en EK sal dit ook verstaanbaar aan jou verduidelik. Gaan daarom nie na ‘n blinde net soos jy, vir jou antwoorde nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205