OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 6
7 Jan. 2008 06:09
Dit is MY kruisiging wat vir julle verlossing gebring het en daarom wil EK julle weereens daarvan vertel, sodat julle dit baie goed in julle binneste kan bewaar in die tyd dat daar geen brood meer beskikbaar sal wees nie. Ja, daar is baie wat nie glo dat EK hierdie aarde gaan verwoes nie en glad nie MY skryfknegte glo wanneer EK deur hulle sê dat alles een van die dae heel anders daaruit sal sien nie. EK gaan iets nuuts doen op hierdie aardbodem en EK doen niks voordat EK nie MY volk deur MY skryfknegte en profete laat weet het, sodat julle julleself daarop kan voorberei nie. Daar sal ‘n tyd kom waar niemand sal weet waar is oos en waar is wes nie, omdat alles anders om almal sal lyk. Selfs die son sal nie meer vir julle ‘n baken wees nie en dit sal ‘n tyd wees van bittere beroeringe en baie smart vir die wat MY woorde nie geglo het nie en die wat MY woorde bespot het. Selfs vir die wat na MY woorde geluister het en daarop ag gegee het, sal dit ‘n bittere swaar tyd wees en niemand sal skotvry daarvan afkom nie. Dinge sal verwoes en vernietig word en vir elke mens op hierdie aarde sal iets verlore gaan, omdat EK julle van julle aardse goedere wil laat afsien. Gee liewer nou al alles op en wy jou tyd aan MY, sodat jy nie geskok sal wees wanneer jy dit verloor nie. EK is ‘n GOD van uiterstes en wanneer EK hierdie aarde gaan besoek in MY grimmigheid oor al die ongeregtigheid, moet julle liewer deel wees van MY Sionsblom, omdat EK net MY blom gaan spaar. EK gaan MY tuin skoonmaak van al die onkruid en die vuilis wat daar tussen MY blom opgekom het. Dit sal die groot en deurlugtige dag wees waarvan daar gepraat word in die Bybel en EK sal MY woord gestand doen en nie een van MY woorde sal ongesiens verbygaan nie. Dink hieraan en kry jou lewe reg. EK is buitengewoon genadig en sal nie een wat hom by MY kom skaar laat verlore gaan nie en daarom spoor EK julle weereens daarvoor aan om in MY te lewe, sodat EK in jou kan leef en jy MY stem sal hoor wanneer EK jou na veiligheid sal roep. Daar sal redding wees in Sion en EK sal MY blom beskerm teen elke gevaar wat dreig, selfs die magtigste aardbewing sal MY roos nie uitruk of beskadig nie. Dit moet julle altyd onthou. EK sal MY roos bewaar en deur al hierdie swaar tye op die aarde dra en sy sal groei en gedy in MY liefde, sonder dat iemand haar skade kan aandoen. EK het gepraat en wie kan teen MY stem ingaan? Daarom moet julle nie vrees nie, want niks kan julle oorkom nie en EK sal in MY genade vir julle ‘n Rotsvesting wees waarin julle kan skuil teen alle gevaar. MY kinders, wanneer hierdie magtige aardbewing die aarde gaan tref, sal nie een huis onaangeraak bly daardeur nie, maar MY Sion sal bly staan, selfs al waggel die aarde soos iemand wat teveel gedrink het en in sy dronkenskap ‘n slaapplek soek. Daar waar hy val, sal hy bly lê. Net so met die aarde. Daar waar die aardbewing ophou, sal die aarde stilstaan en plek-plek sal dit uiters donker wees, omdat die son se strale nie daar sal kan kom nie. Maar vir Sion sal daar ‘n lig opgaan en EK sal die son wees in Sion en bly sal sy haar weg kan gaan sonder om te vrees vir die duisternis wat ander omvou. Kom skaar jou nóu by MY Sionsroos, sodat EK ook vir jou ‘n lig kan wees in die duisternis wat gaan volg op die groot en deurlugtige dag van Jahweh van die leërskare.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205