OP GOLGOTA - DEEL 2
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 7
7 Jan. 2008 06. 29
Deurdat die aarde gaan waggel, sal baie mense omkom en hierdie lewe laat om in die doderyk af te daal. Maar EK het MYNE daaruit gaan haal toe EK van die kruis verlossing gebring het aan die lewendes, en die dooies in die hel. Daarom sal die wat die lewe laat, ook deur MY gered word en die wat van goeie wil is, sal nie in die doderyk versmag nie. Dink nie dat iemand wat sy lewe verloor het in die aardbewing wat gaan volg, heeltemal tot in sy siel ook verlore is nie. Dit is nie so nie en EK sal ook die wat van goeie wil was op aarde, maar wat omgekom het in die aardskudding, ook begenadig. Wel sal hulle ‘n langer paadjie hê om te loop as hulle broers op aarde om MY te siene te kry, maar daar sal vir hulle ook verlossing gebring word. MYNE wat egter oorbly na die skudding, sal deur MY gedra word en EK sal elke een op die regte plek sit en vir julle ook ‘n weg maak sodat julle weer op hierdie deurmekaar aardbodem kan leef sonder vrees. MY kinders, EK sal julle nooit uit een gevaar lei net om julle in ‘n volgende gevaar te laat omkom nie en daarom sal EK vir julle sorg, al is daar niks om te eet na die verwoesting van hierdie aardbodem nie. Julle sal hierdie aarde soos sy nou is, nie weer so te siene kry nie en enige geskrifte oor die bou en vorm van die aarde, sal dan heeltemal verkeerd bewys kan word, aangesien kontinente in die see gaan wegsink en nuwes weer sal herrys. Daar sal nie ‘n teken wees van die eilande soos wat julle dit nou ken nie en met vrees sal julle julle weg oor die aarde gaan, omdat niemand meer weet waar hy kan loop en waar dit gevaarlik is nie. EK, MY kinders, sal julle egter so lei dat julle veilig oor elke nuwe fontein kan loop, sonder die vrees om weg te sink in die skielike dale wat sommer hier voor julle sal opdoem. Nog nooit was daar so iets op aarde nie en nog nooit was daar ‘n vrees vir vaste grond nie, maar in die tye wat gaan kom sal daar ‘n nuwe vrees ontstaan en dit sal wees vir vaste grond. Die vaste bodem van die aarde sal dan nie meer vas wees nie en sal sommer met die geringste gewig ingee met die persoon bo-op en hy sal dan in die dieptes inval om deur niemand gered te kan word nie. Daarom moet julle MY julle weg maak, sodat julle op MY kan wandel, want EK is die enigste vaste en soliede weg. Dink hieraan en weet -daar is nêrens verlossing nie, behalwe by MY. Kom soek jou verlossing nóu by MY, sodat jy ook deur MY begenadig kan word en EK jou kan uitlei en jy jou weg sonder enige vrees oor hierdie aarde kan maak, sonder om in die diepe duisternis van die aardbodem weg te sink.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205