DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 10
25 Jan.2008 06:13
Al wat EK vanoggend vir julle wil sê is dat julle MY moet liefhê sodat alle verborgenhede aan julle bekend gemaak kan word. Julle almal wil graag meer weet en deur MY met julle hele hart lief te hê sal alles aan julle openbaar gemaak word. Kyk na MY skryfknegte, as hulle nie MY bo alles liefgehad het nie, sou EK nie hierdie dinge aan julle kon openbaar deur hulle nie. EK wil egter nie alleen aan MY skryfknegte dinge openbaar nie, maar vir elke liewe mens wat MY liefhet, en ook praat EK nie net met een of twee of selfs drie persone nie, maar graag wil EK met al MY kinders praat. Daar is tans ‘n hele paar ander mense wat ook al MY Stem kan hoor en hulle sal self ook dinge van MY ontvang en het nie meer so ‘n behoefte om MY skryfknegte se woorde te lees nie omdat hulle MY in die volheid in hulle harte self het. Deurdat almal MY so sal soek en later, MY stem in elke liewe hart sal weerklink, sal daar nie meer nodig wees vir ‘n paar skryfknegte nie omdat elke mens MY dan al so gevind het sodat hulle MY Stem eerstehands kan hoor. Dit is waarna elke een van julle moet streef en julle sal ondervind dat EK ook aan elke een presies dieselfde sê omdat EK nooit vir die een sal lieg en die ander die waarheid sal ontvang nie. Julle sal MY almal kan hoor teen die tyd dat die groot stryd met die ander nasies in julle land verby is en deur die groot lyding wat julle sal moet deurmaak, sal julle harte ontvanklik vir MY Stem word. Hou net aan glo en soek omdat EK na elke een sal kom en die liefde vir MY in julle harte sal bepaal wanneer EK na julle sal kom. Dink aan MY elke dag en nag en bly aanhoudend met MY in gesprek en jy sal MY weldra kan hoor. Luister na MY stem in jou binneste en jy sal sien dat jy MY wel kan hoor as jy net stil genoeg is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205