DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 12
26 Jan.2008 06:15
EK, julle Vader ken elke een se hart. EK weet wat daarin aangaan en wat nie.
Daarom is dit ook vir elke een van julle ‘n groot verborgenheid wat in die diepste wese van ‘n ander een aangaan. Julle sal nooit ‘n ware oordeel oor iemand kan fel nie, omdat julle nie die diepste wese van iemand anders ken nie. Hoe weet jy wat ‘n ander mens dink en waarom hy handel soos wat hy handel. EK alleen weet en ken ook sy grootste hartseer en verdriet. Baie keer oordeel julle iemand oor sy uiterlike voorkoms en kan julle nie glo dat daardie persoon ooit deur MY gered kan word nie, maar hoe weet jy wat daardie persoon in sy binnekant voel? Net EK weet en daarom wil EK julle almal aanraai om MY met julle hele hart te soek en te vergeet van die hoekoms en die waaroms van die persoon wat langs jou staan. Wees vir MY lief en werp alles op MY, sodat EK jóu rein kan maak en moenie jou aan jou broeder se sondes steur nie. EK weet waarom hy dit of dat doen en sal SELF met hom afreken as dit nodig is. Daar was ‘n man met ‘n rein hart wat ‘n enigste kind gehad het. EK het dit wys geag om die kind van hom af weg te neem omdat hy, deur die kind te bederf, ‘n volslae duiwel van hom maak. Nadat die kind oorlede is, het die man diep in homself gekeer en selde gelag of gepraat. Van naasteliefde was daar geen sprake nie, volgens die mense wat hom geken het. Maar EK het sy hart geken en het geweet dat hy MY gevind het en in groot liefde vir MY in sy hart gebly het en die hele dag gesprekke met MY voer. MY kinders, dit was nie lank nie, toe het hy met MY verenig in liefde en hy kon alles doen wat ‘n wedergebore persoon kan doen. Die mense wat hom geken het, was baie verwonderd omdat hulle hom van onvriendelikheid en hoogmoed beskuldig het. Hulle geestelike kennis het darem so vêr gestrek dat hulle geweet het dat EK nie na ‘n hoogmoedige mens sou kom nie en het MY verbaas gevra waarom EK nie na húlle gekom het nie, maar na ‘n onvriendelike, hoogmoedige mens. EK het hulle geantwoord deur te sê dat hy MY opreg gesoek het en aan homself gewerk het en nie ander mense dopgehou het en hulle by MY kom verkla het nie. Daarom sê EK ook aan julle dat elkeen aan homself moet werk en dat julle vergeet van die persoon langs jou se “snaakse” gedrag. Gee jouself onvoorwaardelik aan MY oor, sodat EK jou kan verander en jy sal ook MY wysheid ontvang om die persoon langs jou te bearbei as dit nodig is. Werk éers aan jouself voor jy iemand anders by MY kom aankla. Dit sê EK vir julle in liefde en wil dan ook hê dat jy jou diepste gevoelens vir MY moet gee, sodat EK jou daar kan help. Vergewe mekaar in liefde en verstaan mekaar se hartseer wat op verskillende wyses gedra word.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205