DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 13
26 Jan.2008 06:50
Jahshua wys my SY hande en die volgende oomblik het HY iets soos ‘n mistige bal in SY hande. HY hou hom nie vas nie, maar dis meer of die mistige bal in SY hande sweef. HY blaas oor die bal en die mis verdwyn en daar is iets soos ‘n venster waardeur ek ‘n nuwe wêreld sien. Ek sien ‘n area van sandsteen en ‘n diep kloof soos die Grand Canyon. Jahshua vat my sommer met een tree bo-oor dit en ek staan saam met HOM op ‘n groot berg en kyk af na onder. Daar sien ek ‘n pragtige landskap en ‘n dam. Iemand kom met ‘n roeibootjie in die dam ingeroei. Die dam is redelik vlak en later staan die persoon in die water en skep baie water gelyk op en gooi dit na sy gesig. Hy probeer soveel as moontlik water na sy mond gooi en probeer elke druppel inkry. HY is baie dors. Dit is asof hy nie genoeg kan kry nie. Jahshua gee vir my brode wat ek na hom moet gooi en hy draai na my en vang die brood met sy mond en sluk hulle heel in. Ek dink by myself dat hy daarin gaan verstik maar Vader sê dat hy dit kan verteer. Later word hy baie groot en kom buig voor Jahshua en die volgende oomblik gaan hy deur die gat tot in die wêreld waar ek eers met Jahshua was.
 
Jahshua dikteer:
EK sal julle na nuwe hoogtes lei en julle van ander onbekende wêrelde vertel waarvan julle nie eers bewus is nie. MY kinders, daar is soveel ander mense op plekke waarvan julle nie weet nie en EK is daar ook bekend onder die mense, maar die verskil dáar, is dat hulle die hele tyd ‘n onophoudelike hongerte na MY het. Hulle kan MY ongelukkig nie soos julle vind op daardie plekke nie en moet eers self na die aarde kom waar hulle MY kan vind. EK is hulle ook genadig, soos vir julle, en gee hulle daarom ook die geleentheid om MY, hulle Skepper te vind. Deur mens te word op aarde kan hulle MY eers werklik vind en EK kan dan eers vir hulle ‘n VERLOSSER word; deurdat iemand besluit dat hy na die aarde wil kom om ook hier mens te word en MY te vind, moet hy regtig gedetermineerd wees en MY aanhoudend daarvoor vra. EK is hom dan ook genadig en laat hom/haar in ‘n mens liggaam gebore word waar hy sy pad na MY op die aarde moet vind. As hy MY nie op aarde vind nie, kan sy siel in die hiernamaals die kans kry om MY te vind. EK bied aan mense van ander planete die geleentheid om MY kinders te word en dit is net deur na julle aarde te kom waar hulle dit kan regkry. EK stuur van MY engele daarheen om die ander te oortuig dat hulle MY moet kom soek, wat hulle dan gretig doen, maar die besluit om na die aarde te kom is ‘n baie groot besluit vir hulle, aangesien hulle baie het om te verloor as hulle MY nie vind nie. As hulle MY vind, kry hulle ook die ewige lewe en word ook ryklik beloon daarvoor. Daar is nie baie wat na MY kom en so die aardse liggaam aanneem nie, omdat die aardse lewe baie van hulle lewens daar verskil en ook baie moeiliker as wat hulle lewens daar is. Hulle moet dan al hulle geriewe daar agterlaat en na die aarde kom en hier saam met julle swoeg en sweet. Werk aan jouself, sodat jy ander na MY kan lei en die bewoner van ‘n ander planeet kan help om MY te vind. My kinders, dit is ook naasteliefde om aan jouself te werk, omdat jy weet dat jy niks uit jou eie kan doen nie. Net EK kan lewens verander en deur MY in jou lewe toe te laat en deur een met MY te word, kan jy ander na my toe lei. Dit is die rede dat ander na die aarde kom en jy is verantwoordelik om so iemand na MY te lei sodat hy nie in die grootste ongerief en duisternis beland nie. Werk aan jouself, sodat EK deur jou kan werk om ander se siele na MY te lei en hulle sodoende te red.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205