DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 14
27 Jan.2008 07:41
EK het julle almal gister bymekaar gemaak in MY NAAM en saam het julle MY geloof deur julle lofsange aan MY. MY liefde en seën het op julle gereën en EK het elkeen wat daar was, met MY liefde omvou (Dogter van Sion se besoek in Pretoria). MY kinders, die van julle wat nie by die bymekaarkoms van MY ander kinders was nie, het niks te vrese nie. MY lieflike hand het julle ook geseën en MY liefde het oor julle ook gereën. Sonder dat julle dit weet, het EK elke mens in hierdie hele land, wat MY liefhet, geseën. Julle weet nie wat vir julle beskore is nie en EK weet dat dit die volgende verborgenheid is wat EK aan julle bekend wil maak. MY kinders, julle wat MY getrou gebly het tot aan die einde, sal die wonderlikste dinge uit MY hand ontvang, omdat julle nie deel gehad het aan die nuwe Suid-Afrika nie. MY kinders, EK het julle beveel om rein te bly en om julle nie met die heidense nasies te vermeng nie. Daar het egter net ‘n klein geringe hoeveelheid na MY geluister en dit is die wat deur MY geseën gaan word, na die groot stryd in julle land. Dit is julle wat MY getrou gebly het, wat MY sal sien en EK sal julle almal bymekaarbring, waar EK dan aan elkeen sy beloning hier op aarde sal gee. Vir elkeen sal EK gee wat sy hartsbegeerte was en alles wat julle ter wille van MY opgegee het, sal EK dáar by Migdol weer vir julle teruggee. MY kinders, in die tyd voor die geloofstryd sal EK julle land buitengewoon seën en EK sal MY woning in julle land kom maak, omdat julle harte rein is. Daarom sê EK dat julle julle moet rein hou en uit elke besoedeling moet kom. Julle sal dinge uit MY hand ontvang waaraan julle nog nooit gedink het nie. En vrolikheid sal julle erfdeel wees, omdat daar nie hartseer is waar EK is nie. EK sal tussen julle bly en elke mens – groot of klein – sal spesiaal aandag van MY kry en EK sal elkeen dra en op MY skoot sit. MY kinders, wees MY getrou en moenie deel hê aan die dinge van die wêreld nie, omdat die wêreld jou niks kan gee nie. Alles wat EK jou gee, al is dit aardse goedere, sal vir ewig wees. MY kindertjies, met elke aardse ding wat EK vir jou gee, sal daar ‘n ooreenstemmende seëning in die hiernamaals op jou wag en daarom sê EK dat alle aardse seëninge ook vir ewig is, al vergaan die aardse dinge. EK sal julle egter na die bymekaarkoms op Migdol, weer na julle afsonderlike plekke wat EK aan elkeen gee, laat terugkeer en julle sal buitengewoon geseënd wees. Daarna sal die geloofstryd begin en julle sal almal een met MY wees en vir MY veg. Dit belowe EK, die GROOT VADER, aan elkeen wat MY getrou gebly het en MY liefhet.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205