DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 15
8:05
Ek sien rose in Jahshua se hande. Jahshua sê rose stel liefde voor. Daar is ‘n veld vol rose en HY sê dit is hoeveel liefde jy vir HOM moet hê. ‘n Bos rose is hoeveel jy vir jou naaste moet hê en een roos vir jouself. HY sê hoe groter jou liefde vir HOM word, hoe groter word jou naasteliefde en jy begin jouself in ‘n ander lig sien.
 
Jahshua dikteer:
Wees vir MY lief bo alles en EK sal jou liefde vir jou naaste ook vermeerder. MY kinders, die liefde vir MY moet allesoorheersend wees en die liefde vir jou naaste moet bo die liefde vir jouself wees. Hoe meer jy MY liefhet en brandend in jou binneste is, hoe meer sal jy bewus raak van ‘n liefde vir jou naaste. Jy sal deernis hê met ander en hulle oortredings sal vir jou niks wees wanneer hulle jou benadeel het nie. MY kinders, EK het gevoel met julle swakhede en vergewe julle, omdat MY liefde vir julle groot is. Wanneer julle MY lief het, sal julle ook julle naaste se swakhede oor die hoof sien en hulle vergewe vir hulle oortredinge teen jou. Jy sal ook jouself in ‘n ander lig sien en jy sal sien hoe jý ook in MY plan inpas. Baie van julle dink dat julle niks werd is nie en ly aan ‘n minderwaardigheidsgevoel, maar wanneer jy MY bo alles liefhet, sal jy ook beter oor jouself voel, wanneer EK dinge oor jouself aan jou bekend maak. EK sê nie dat julle hoogmoedig moet word nie, wat EK sê is dat jy ‘n gesonde selfbeeld sal kry wanneer jy MY bo alles liefhet en jy sal ook deur MY gebruik kan word en sodoende kan voel dat jy ook belangrik is in MY oë. MY kinders, kry MY lief en EK sal alles aan jou bekendmaak.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205