DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 16
29 Jan.2008 12:15
EK, julle Vader, sal julle nooit verlaat nie, al probeer die bose ook wát om julle van MY afvallig te maak. MY kinders, julle moet onwrikbaar aan My vashou sodat julle nie wankel en swak in die geloof word nie. EK sal die bose SELF van julle af wegjaag en hulle sal krul van die pyn vir al die leed wat hulle julle aangedoen het. EK weet van baie dinge wat teen julle beplan word en sal julle ook daarteen waarsku, maar julle moet weet dat EK MY liefdeshand nooit van julle af wegneem nie, al dreig die vyand met die dood. Wie is soos EK? Is EK nie die EEN wat bevry nie? Wie kan uit MY hande uitruk as EK gered het? EK het MY kneg die mag en krag gegee om die bose te bind en die bose wil haar en haar hele familie aanval, omdat hulle seergemaak is deur haar optrede in MY Naam. Maar EK sal fel op die bose neerkom en hulle verjaag, terwyl hulle die ergste pyne aangedoen word. MY kinders, kom na MY met al julle probleme en gaan nie na die wêreldse instansies vir julle hulp nie. Moenie na die dokters hardloop met julle probleme nie, want EK is die Grootste geneesheer en net EK kan genees of laat sterf. Niemand wat MY liefhet, sal sterf nie en as EK gesê het dat MY kind sal leef sonder enige nagevolge, dan sal hy bly leef en geen letsel oorhou nie. Dit is alles dinge wat gebeur om julle geloof te toets en julle sterk te maak in MY. Vertrou net onwrikbaar op MY en julle sal nooit teleurgesteld word nie. Dink nie aan die mag van die bose nie, omdat EK Almagtig is en hulle SELF sal bestraf. MY kleintjies, julle weet nie hoe klein julle in die geesteswêreld is nie, en dink omdat julle liggame groot is, dat julle siele ook groot is, maar die teendeel is waar en daarom noem EK julle MY kleintjies. Die bose is reusagtig groot teen julle en dink daarom dat hulle julle maklik sal kan oorval en oorrompel en van MY af wegvat, maar EK sien alles om julle raak en sal geen steen onaangeroer laat om julle te bevry en te red nie. Gaan dus julle weg met vreugde en weet – EK, julle Verlosser, sal julle nooit verlaat of julle vergeet nie, want EK is ‘n GOD van liefde vir MY kinders wat MY liefhet.
Amen.
 
(Oom Dirk, My kind is deur ‘n spinnekop gebyt en Vader het gesê dat ek hom glad nie dokter toe moet vat nie, omdat dit ‘n aanval van die bose is en in die gees beveg moet word. Dit is omdat ek die mense se satansmerke gesalf het. Iemand het ‘n spinnekop op die skouer gehad. Ek moet net op Vader vertrou en dit is waarom die stuk gegee is vir almal wat soortgelyke dinge beleef. Bid asseblief vir ons aan hierdie kant, omdat die bose ons ook so haat. Jahshua is sterker as almal en sal ons beskerm en HY het ook gesê dat HY my kind sal genees soos geen dokter kan nie. In die tyd wat voorlê sal ons in elke geval geen dokter meer hê, behalwe Jahshua nie.)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205