DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 17
29 Jan.2008 12:40
MY kinders, in en om julle is daar baie boosheid waarvan julle nie eers bewus is nie. EK sal dit alles aan julle bekend maak soos wat julle geestelik groei. Julle weet nie van al die dinge wat in die lug om julle gebeur nie en daarom twyfel julle baie in MY woord aan julle. Wie kan alles sien op die aarde? Net EK, julle Vader en Skepper van die heelal. Kom na MY, sodat EK julle oë kan open en julle die boosheid, wat in alles dreig, kan raaksien en julle weg veilig in MY arms maak. EK sal julle op paaie lei waar daar nie dorings is wat julle kan beseer nie, al is daar baie moeilikhede wat op julle wag, omdat julle die bose letterlik aanvat en hulle verjaag. Die bose satan kan dit nie verdra om deur MY of deur julle weggejaag te word nie en sal daarom alles in sy vermoë doen om julle ‘n hou toe te dien. Maar EK, julle Vader en Skepper, is Almagtig en sal julle nie in sy hande oorgee, solank julle julle skuiling by MY kom maak nie. EK weet dat julle swak is en nie altyd julle man kan staan teen satan nie en baiekeer word julle versoek en dan val julle so ‘n bietjie, maar die troos wat EK vir julle het, is dat EK julle nooit heeltemal uit MY Hande uit laat gaan nie en daar is vergifnis in MY Hande en sodoende kan elke een wat ‘n bietjie geval het, weer na MY kom en EK sal hom weer aanneem. MY kleintjies, as julle in liefde wandel, sal niks julle oorkom nie en die dinge wat wel op julle pad kom, is net so deur MY toegelaat sodat julle iets daaruit kan leer. So is die spinnekopbyt, toegedien deur satan aan MY skryfkneg se kind, net ‘n toets wat sy moet deurstaan en sy moet net op MY vertrou en nie haar kind dokter toe vat vir behandeling nie. EK sal hom genees, omdat EK die EEN is wat dit toegelaat het en sy sal kan getuig dat EK die Enigste is wat genadig is, deurdat EK hom sal genees soos geen dokter kan nie. Nou vra julle; ”Waarom laat U dit toe, terwyl sy U liefhet?” Net soos wat EK gesê het - EK wil haar geloof toets en haar ook sterk maak sodat sy self na MY moet kom vir hulp. So sal EK ook elke een van julle wat nou hier lees, in ‘n slegte verknorsing bring, sodat julle MY hulp daaruit kan vra, en EK sál julle red en beskerm teen die bose aanvalle. Dit is ‘n belofte, MY kinders en julle sal MY beloftes vervuld sien en weet dat dit EK, Jahweh van die leërskare is wat dit gespreek het. Gee álles in MY Hande oor en EK sal dit vir jou vir die beste verander. Geen mens kan dit so vir jou doen soos wat EK dit kan doen nie en daarom versoek EK julle om MY bo alles lief te hê, sodat EK jou gebede kan verhoor. Lees MY Woorde, gebring aan julle, en vertrou net op MY en EK sal alles aan julle verduidelik en julle sal alles beter verstaan. MY kinders, EK sal julle nooit in die hande van die bose oorgee en van julle vergeet nie, want EK is julle Vader en is daar ‘n vader wat sy kind in die hande van roofmoordenaars kan oorgee en net wegstap? Is EK nie die volmaakte Vader nie, en het julle nie julle liefde vir julle kinders van MY gekry nie? Daarom is EK nog meer lief vir julle, MY kinders, as wat julle julle kinders het. Soek MY daarom eerste met elke probleem wat jy het en EK sal vir jou ‘n uitweg gee. Gaan nie eerste na die wêreld vir hulp nie, omdat die wêreld jou net sal help uit eie gewin, maar EK sal jou help uit liefde vir jou en omdat jy MY liefhet. Bring daarom jou probleme eerste na MY en EK sál dit vir jou oplos en jy sal MY nóg liewer kry.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205