DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 23
2 Feb 2008 om 07:00
Hier bo waar MY GEES van liefde oor almal skyn, is daar geen dood nie en EK sal elkeen wat met MY GEES vervul wil word, nooit wegwys nie. EK het MY skryfkneg na nuwe hoogtes gevat waar sy in die hoogste reinheid verkeer saam met MY. Hier waar sy nou is, kan geen dood haar meer raakvat nie en sy is van enige sonde vry. MY kinders, streef daarna, sodat julle ook dit kan ontvang wat EK so pas aan MY skryfkneg gegee het. EK gebruik haar net as voorbeeld vir julle almal wat MY soek. En as julle MY ook so sal soek, sal julle MY dan ook so vind. EK is in elkeen van julle wat MY liefhet teenwoordig en ken elke een se hart. EK weet of daar valsheid en bedrog in skuil. Die van julle wat rein van hart is, sal ook so deur MY na die hoogtes gelei word waar julle in MY lig sal sit en MY kan aanskou. Wees nie bevrees vir die bose nie, omdat die bose julle niks kan maak nie. Daar is al baie dinge gedoen en gesê om MY skryfkneg van MY af weg te lok, maar dit het nie gewerk nie, omdat sy MY altyd eerste gestel het en haar antwoorde by MY persoonlik kom soek het. Moenie gaan na die wêreld vir jou antwoorde nie en kom vra MY en EK sal jou beantwoord. Deur die skryfknegte van MY sal EK jou antwoord as jy MY Stem nog nie in jou binneste kan hoor nie. Toets MY woord aan julle vir die egtheid daarvan, deur MY ‘n vraag te vra in jou binneste en EK, wat alle harte ken, sal jou beantwoord, terwyl MY skryfkneg van niks weet nie. As sy net dit neerskryf wat EK haar ingee, sal sy mos nie verkeerde valsheid kan neerskryf nie? Kom daarom na MY met al julle vrae en EK sal julle antwoord deur hulle wat vir MY skryf en julle sal die waarheid en egtheid van die boodskappe gebring aan julle bemerk, deurdat julle antwoorde op julle vrae sal kry, waarvan hulle (MY skryfknegte) niks weet nie. EK het ook aan My skryfkneg ‘n bal van vuur gegee sodat sy ander daarmee kan aanraak en hulle met MY GEES van liefde kan vertroos en aanraak. Dit is aan haar gegee omdat sy MY altyd gevra het om haar te help om ander te help. Dieselfde bede sien EK ook in baie van julle wat hier lees en EK sal dieselfde vir julle ook doen en aan julle ook gee wat julle van MY vra. MY kinders, niemand is meer spesiaal as die ander een nie en daarom maak EK geen onderskeid tussen julle almal wat MY wil dien nie. Maar die pad is lank en daar is mense wat al vêr voor is en mense wat nog agter is en daarom word daar verskillende dinge aan verskillende mense gegee, omdat hulle nie op dieselfde afstand van MY af is nie. Daarom moet julle nie dink dat EK een mens voortrek en bevoordeel ten koste van die ander wat nog so vêr op die pad is nie. Elke mens sal dit ontvang wat EK aan haar gegee het, party vroeër en party later, maar dit maak nie saak nie, omdat die pad tog na MY lei en elkeen wat op daardie pad is, by MY sal uitkom. EK skenk aan julle die aardse lewe om die pad na MY te kan voltooi en elkeen wat ernstig is om by MY uit te kom, sal dan ook deur MY so in die lewe gehou word om die pad met sukses af te lê. EK het julle so lief, MY kinders, en EK wil elkeen op die weg help, en die dag wanneer julle te sterwe kom, sal julle sien dat EK julle nie die pad self laat loop het nie, maar dat EK julle die hele tyd gedra het. EK, julle Vader van Ewigheid, sê dit vir julle en niemand sal MY van MY kinders, wat MY soek, weghou nie. Dit sê EK, julle Jahshua vir julle. Amen
 
(Voordat ek hierdie hoofstuk getik het, was ek in die Gees by Jahshua en HY het my na dieselfde “wolke” geneem waar ek gister was.(1 Feb.2008 Die wit lig van Vader se Gees)
 
Ek het daar saam met Hom geloop en ek het uitbundig in die wolke gespeel, omdat ek weet dat ek baie naby aan Vader is. HY het by my gestaan terwyl HY vir my gesê het dat ek maar na hartelus kan speel. Ek het daarin rondgerol en Jahshua gevra om heeltemal Een met HOM te word. Ek sal dan deel van die “wolke” wees, terwyl ek nou net bo-op dit speel. HY het aan my gesê om te skryf en die volgende oomblik sien ek dat ek nog steeds bo-op die wolke sit met my skryfboek in my hande en HY by my sit en dikteer. Hoofstuk 23 was wat HY vir my gedikteer het. Dit is waarna Vader in die begin van hierdie hoofstuk verwys. Louise)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205