DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 25
3 Feb.2008 06:33
Die dik swart wolke van haat jeens MY kinders is besig om baie vinnig saam te pak en binnekort gaan dit my kinders probeer verswelg. Maar Ek sal met MY kinders wees en hulle uit die groot duisternis wat dreig om hulle te oorval, red en nie een mens sal ‘n hand aan hulle slaan nie. Die wat kom om hulle (MY kinders) van die “bose” te bevry, sal self van die ware boosheid in hulle bevry word en hulle oë sal oopgaan en hulle sal sien watter groot fout hulle begaan het. EK sal egter MY kinders by die hand vat en hulle na veiligheid lei en nie een van MY kinders sal deur die bose beseer word nie. EK weet wat daar teen MY kinders beplan word en is dit te wagte om met MY reddende regterhand, MY kind in nood, te hulp te snel en die wat teen hom/haar opstaan, self te slaan. Wees My navolgers en nie MY vervolgers nie. Kom laat EK jou leer en moenie ‘n wrok teen een van MY kinders koester, omdat jy dink dit is geregverdig nie. EK weet wat EK doen en sal neerkom op die wat MY woord wil stilmaak. EK sal dit nie toelaat nie en sal op die neerkom wat die “boosheid” wil besweer wat dan nou, soos hulle dink, in MY kinders teenwoordig is. Terwyl die boosheid sy kloue diep in hulle geslaan het, beskuldig hulle My knegte van die grootste besetenheid en poog selfs om MY Gees uit te kom dryf. EK sal dit nie duld nie en sal SELF op hulle neerkom sodat hulle oë kan oopgaan en hulle MY sal sien vir wie EK werklik is. Wees MY getrou en sien MY werke van liefde aan julle raak en hou op om die boosheid in My knegte se werk te kom soek. EK sal julle nooit verkeerd leer nie en sal altyd die reine waarheid met julle spreek. Daarom moet julle glo dat MY skryfknegte net MY woorde aan julle uitdra en dat hulle nie hulle eie eer soek nie. Wie dit glo, sal ryklik deur MY SELF beloon word en dit is die volgende verborgenheid wat Ek aan julle wil bekend maak. Dit is die verborgenheid van die groot oordeel wat elkeen oor homself uitspreek deur nie MY skryfknegte se woorde van MY aan julle, te glo nie. EK ken elke een se hart en gee hierdie werke van liefde aan julle almal wat dit wil hê. MY skryfknegte is die leë instrumente in MY Hande en EK gebruik hulle om MY woorde aan MY volk uit te dra, omdat EK nie SELF na hulle kan kom nie. Ek kan nie in MY Persoon na julle kom nie, omdat almal wat MY sien en MY nie liefhet nie, sal beswyk van vrees. Ek sal julle nie oordeel nie, maar EK roep julle weer in liefde aan en vra julle om weer MY woord aan julle, te lees. EK is in beheer van alles en ook in die beheer van die verspreiding van My boeke, gerig aan julle. Vertrou MY, dat EK julle nooit verkeerde dinge sal gee wat julle siele sal skaad nie en dat julle in MY Liefdevolle Vaderhande veilig sal wees tot in ewigheid. MY lieflingkinders, EK het julle tussen almal in die hele wêreld uitgekies om hier te wees in hierdie tyd, omdat EK geweet het dat julle MY Naam sal uitdra en sodoende ander mense uit die diep put van die duisternis sal help. Daarom moet julle MY woorde aan julle diep in julle harte wegbêre en dit nie laat vaar nie, omdat die loon wat EK vir julle berei het vir julle lydsaamheid, baie groot sal wees. Wees nie bevrees as die mense na julle sal kom en julle probeer oortuig dat julle verkeerd is, in MY Naam nie. EK spreek die lewe oor hierdie werke van My uit en niemand wat dit lees sal doodgaan of in die verderf beland nie. Luister na MY woorde - spreek dit nie net van die liefde vir MY en julle naaste nie? Is dit nie MY eerste gebooie nie? Sal satan MY gebooie verkondig? Satan is MY teenstander en die teenstander verkondig die teenoorgestelde van MY. Daarom sal hy met slinkse planne kom en julle probeer verlei deur te sê dat MY woorde vals is en nie uit MY Hart kom nie, maar uit ‘n mens se hart. Dit is vêr van die waarheid af, omdat MY skryfkneg glad nie skryftalent het nie. Sy is nie ‘n mens vir die pen nie en sal dit eerder buite wil deurbring as in die huis, maar sy het MY gekies en daarom doen sy met vreugde wat EK haar oplê om te doen en dink nie hierdie dinge uit nie. EK dwing niemand nie en ook het EK haar nie gedwing nie. Dit het sy uit vrye wil aan MY gegee. EK het julle almal lief en spreek tot julle harte en daarin lê vir julle die bewys dat EK die Een is wat hier met julle spreek. ‘n Mens het nie krag uit homself nie en daarom sal ‘n mens se woorde dan ook nie krag hê nie. Maar hierdie woorde van MY het krag. Let net op na jou binneste - dit ís EK wat hier spreek en nie ‘n mens nie. Jou vrae moet jy aan MY rig en nie aan ‘n mens nie, nie eers MY skryfknegte nie, en EK sal jou antwoord deur MY werk aan julle en daarin sal julle ook sien en herken dat dit EK is wat spreek. Gaan nou en soek na MY alleen en EK sal jou oë oopmaak sodat jy MY hierin kan herken.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205