DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 29
4 Feb.2008 06:57
EK sal jou gesond maak en jou by jou hand vat sodat jy saam met My die pad van jou lewe verder kan stap. EK sal almal wat net op MY vertrou nooit in die steek laat nie. Julle moet onwrikbaar in MY glo en weet dat EK niemand wat ten volle in MY glo, sal beskaam en hulle hoop tot niet maak nie. Dit belowe EK julle en daarom spoor EK julle aan om net in MY te glo. Daar is niemand soos EK, wat kan genees sonder mediese hulpmiddels nie. EK sal genees waar en wanneer EK wil, maar dit hang ook van jouself af of jy in MY genesing gaan glo of nie. MY kinders is kosbaar in MY oë en EK wil graag dat hulle die lewe ten volle moet benut, sodat hulle die hoogste sport kan bereik, voordat hulle met die liggaam skei. Kom vra MY vir genesing en weet dat daar waar EK genees, dit ten volle is. EK genees nie net liggame nie, maar ook harte en EK vertroos met MY sagte Vaderhande. MY hande kan heel waar daar nie meer hoop is nie. Glo net in MY Verlossing en elke een wat twyfel, sal dan kan sien dat EK werklik My woord gestand doen. Julle glo dikwels nie dat EK MY na julle sal wend nie en dat EK te groot is om MY aangesig na julle te draai, maar watter Vader kan, omdat sy kind nog klein is, hom net ignoreer? As ‘n aardse vader dit nie eers kan doen nie, hoeveel minder kan EK dit nie doen nie. EK kan alles doen wat Ek wil en kan selfs mense uit die dode wek. Maar daar is ook ‘n voorwaarde aan verbonde en dit is dat EK onwrikbare geloof van jou vra. EK kan niks doen waar daar ongeloof is nie, nie omdat EK te onmagtig is nie, maar omdat EK niemand dwing om in MY te glo nie. EK gee elkeen sy vrye wil en die keuse is by jou om te besluit of EK dit vir jou gaan doen of nie. Wanneer EK onwrikbare geloof by jou sien, sal EK MY haas om jou te hulp te snel, maar wanneer EK sien dat die ongeloof jou beet het, sal EK MYSELF terugtrek om nie jou vrye wil aan te tas nie. Geloof word gebore uit die liefde vir MY en daarom spoor EK julle aan om MY lief te hê sodat jy geloof in MY kan vestig. Wees vir MY lief, MY kinders, wees vir MY lief en alles wat julle dan van MY vra, sal EK aan julle gee. Julle sal berge kan versit, omdat julle liefde en geloof dit van MY vra. Kom net na MY en EK sal jou versterk vir die tyd wat voorlê en julle hoef niks te vrees nie. EK, julle Vader en Almagtige Skepper sê dit vir julle.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205