DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 30
4 Feb.2008 07:34
Doen My werk met vreugde in julle harte. EK sal julle versterk vir dit wat EK julle oplê om te doen. Julle sal met nuwe ywer gaan arbei en nie moeg of mat raak nie. EK het gesê dat Ek julle alles gee wat julle nodig het om te gaan werk en dit belowe EK, en die vrolikheid van hart, sal EK nie van julle weghou nie. Terwyl julle vir MY werk, sal julle ‘n vrolikheid ondervind en julle vreugde sal in MY wees. Soos wat julle werk, sal die vreugde in MY vermeerder totdat julle almal om julle ook so “aantas” en hulle ook vrolik maak in MY. Wees My blydskap deur vir MY bly te wees. As Ek jou blydskap is, sal jy My blydskap wees en EK sal vreugde in jou beleef soos wat jy vreugde in MY beleef. Daar is niks soos iemand wat sy werk met vreugde verrig nie en dit laat almal om hom ook vreugdevol voel. MY kinders, kyk na MY. Is daar enige dood by MY te vinde? Die lusteloosheid is die dood en daarom spoor EK julle aan om vrolikheid van hart te hê en jou werk met ywer en vreugde te doen. Kyk na MY. Met MY lewe op aarde het EK met ywer die werk gedoen wat EK moes, en EK het die hoogste saligheid in MY binneste gehad en daarom kon EK so baie mense na MY lok. Iemand wat vol lewenslus is, sal ander ook lewenslustig maak. Maar kyk maar na iemand wat doods daar rondsit in verveeldheid. Almal wat na so iemand kyk sal ook later verval in ‘n staat van verveeldheid en morbied word. Daarom laat EK die son skyn sodat julle almal vrolik kan word by die sien van die son se vrolike strale. Waarom laat die nag jou effens bedruk voel? Dit is omdat dit duister is en jy nie veel kan doen nie, maar MY lig sal jou weer tot lewe wek en jy sal met nuwe ywer die dag aanpak en die werk sal vir jou ‘n plesier wees. Kyk net na MY wat julle Son is. EK skyn in elkeen se hart wat MY daar wil hê en elkeen wat MY lig daar toelaat, sal in vreugde lewe, al gaan dit ook hoe sleg met hom op ander gebiede. MY lig in jou hart sal ook elke liewe goeie eienskap verlig en die diamant in jou hart sal skitter. Wees vir MY lief en die diamant sal My lig ontvang en jy sal blink en ander sal jou lig sien skyn en MY met vreugde kom soek soos jy. EK sien alles raak, omdat daar lig by MY is. Om die waarheid te sê, is EK die Lig en EK skyn oor almal, maar die wat die vensters van hulle harte toemaak, sal in duisternis bly voortleef, totdat hulle tot die besef kom van die donkerte in hulle. Maak julle harte oop vir MY, die Erekoning om in te kom en julle sal van binne verlig word en elke mens sal begeer om dit te hê wat jy het. Dit belowe EK julle, MY kinders wat soos diamante sal skitter vir MY, julle Verlosser en Vriend.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205