DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 31
5 Feb.2008   06:16
EK slaan wonde in die wat EK wil reinig, sodat hulle skoon kan kom van al hulle onreinheid. Julle almal wat MY gevra het om gereinig te word, moet julle aan MY kom oorgee. Wanneer julle wil hê dat EK julle moet reinig, moet julle MY vra en EK sal kom en julle sal geslaan word, tot die bloed vloei, sodat alle wonde kan skoon kom en daar waar jy bloei, groei jy aan MY vas en so word die Eenwording met MY bewerkstellig. MY kinders, dit klink vir julle vreeslik wreed en julle wonder wat van MY barmhartigheid geword het, maar dit is deel van MY barmhartigheid teenoor julle, omdat EK die onreinheid in julle sien en julle wil skoonmaak, voordat die dag van Jahweh aanbreek en julle dan met geweld gereinig gaan word. As jy jouself eenmaal aan MY reiniging oorgegee het, en jy besluit dan om die hand aan die ploeg te slaan en om te kyk, sal EK jou vinnig van jou planne laat afsien, deurdat EK jou met geweld by MY sal hou en as jy in vorige sondes verval, sal jy dubbeld deur MY gereinig moet word. Kom, MY kinders, EK is nie wreed of onbarmhartig nie. EK het julle lief en net soos wat ‘n pa sy kind tugtig omdat hy hom liefhet, so tugtig EK julle, met mate, omdat EK julle liefhet. EK wil julle net by MY hou, omdat EK die aanslag van die bose om julle sien en ook weet dat hulle julle nie sal uitlos, voordat hulle julle weer in hulle kloue het nie. Maar as jy jouself aan MY oorgee, sal EK jou vashou sodat jy niks oorkom nie en in veiligheid sal jy by MY wees. EK sal die wat egter na hulle ou weë wil terugkeer, hard met die roede bykom sodat hulle weer na MY sal draai en dit wat hulle deur MY begin het, sal EK dan voortsit. EK wil elkeen van julle hier by MY hou en kan dit nie nou doen nie, omdat julle nog onrein is en daarom sê EK dat julle moet kom vir die reiniging. EK weet wat binnekort in julle land gaan gebeur en wil julle voor die tyd daarvan skoonmaak en julle styf teen MY bors vashou, sodat die onheil wat gaan uitbreek, julle nie tref nie. Maar elke een wat homself wou beskerm en nie die reiniging wou deurgaan nie, sal dán deur MY gereinig word en dit sal nie op ‘n sagte manier gebeur nie. Daarom sê EK weer vir julle, kom na MY. Gee jouself onvoorwaardelik aan MY oor en wees verseker dat EK so sag met jou sal werk dat jy die reinigingsproses amper nie sal voel nie. Dit sê EK aan julle almal en EK waarsku ook almal wat hulle uit die reinigingsproses wil uittrek.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205