DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 32
5 Feb.2008 06:28
MY boodskapper sal na julle kom, binnekort, so wees hom te wagte. Hy sal julle almal gereed kry vir die groot stryd en julle sal daardeur versterk word in julle geloof. Hy sal julle almal na MY lei en julle sal MY hand in alles kan sien. Wees maar net gereed en wéét dat dit waar is. Dit sal iemand wees wat heeltemal Een met MY is en hy sal julle almal na MY lei deur die werke wat hy sal doen in julle midde. Hy sal siekes gesond maak en die dowes sal hy laat hoor. Die blindes sal hy laat sien en die swakkes sal hy versterk. Wees verseker, EK stuur hom. Hy sal net op MY woord reageer en niemand sal hom kan vastrek nie, omdat hy vergeestelik sal wees. Hy sal kom en gaan soos wat EK hom gebied en hy sal MY bo alles en almal stel. Wees verseker, sê EK weer, dat hy sál kom en dat hy ook vir julle almal intree by MY. MY kinders, dit is vir MY nodig om so iemand na julle te stuur, omdat EK julle daardeur wil versterk en omdat julle MY liefhet, sal julle dan ook so deur MY gedra word. EK sal ‘n wonder in julle volk doen omdat julle MY van altyd af gesoek het en omdat EK weet dat MY oorblyfsel wat MY getrou gebly het, hier is. EK sal dan ook ander opwek wat Een met MY word, sodat julle hierdie stryd wat kom, sal veg met geestelike leiers en nie weer soos in die verlede met politiek en militêre taktiek nie. MY kinders, luister na die wat EK na julle sal stuur wat Een is met MY en wees verseker dat dit EK is wat hulle stuur. Dit wat hulle sê moet julle doen, sodat julle kan bly leef, omdat alles wat hulle aansê om te doen, MY opdragte aan hulle is. Hulle is My helpers en MY uitgestrekte hand wat EK tussen julle instuur. Die vyand is nie opgewasse teen MY en MY boodskappers en Helpers nie en sal daarom die onderspit delf in hierdie komende stryd. EK sal hulle die land uit verjaag, sodat net die wat rein van hart is, sal oorbly en EK MYSELF weer hier kan vestig. EK sal julle oorvloedig seën en niemand sal tekort hê aan enigiets nie. Daarin sal julle weet dat dit EK is wat julle lei, deurdat julle MY GEES op die mense wat EK na julle sal stuur, sien. EK sal julle geestesoë verlig, sodat julle die GEES binne MY boodskapper, wat eerste na julle sal kom, sal sien en julle sal net weet, sonder dat iemand julle met die mond sê, dat dit EK is wat julle besoek. MY kinders, sien julle nou MY oorgrote liefde vir julle in alles? Sien julle dat EK net genadig is, selfs in MY reiniging van julle binneste? EK sal julle nooit laat vaar nie, omdat EK julle liefhet en elke een wat MY ook liefhet, sal nie deur MY verlaat word nie. Gaan na julle boers en sê vir hulle wat MY woord nie lees nie, dat hulle ook MY boodskapper moet verwag, maar sê ook aan hulle dat hy hulle nie sal oordeel nie, maar hulle sal waarsku in MY Naam. EK stuur hom na elke mens wat MY ken, maar nog nie in MY geskrewe woorde glo nie. EK sal hulle oë oopmaak, sodat hulle vir ‘n wyle MY GEES sien en dan sal hulle begin dink aan MY woorde deur julle gespreek. Gaan sê dit vir hulle in liefde en weet dat EK besoeking aan hulle ook sal doen en die manier waarop hulle MY boodskapper ontvang het, sal dan ook vir MY die weg wys waarop EK hulle moet ontvang. EK sal elke een wat MY boodskapper beledig, sekerlik nie ongestraf laat bly nie, omdat MY GEES in die boodskapper is en die een wat hom beledig, MY beledig. Glo nou MY kinders, en EK sal julle nooit verlei nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205