DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 36
7 Feb.2008 07:40
EK het in My Alwysheid alles geskape soos wat dit is en weet ook wat die beste is om te doen en wat nadelig is vir die mens, asook die aarde. MY kinders, EK het dit goed geag om die son te maak sodat dit die aarde kan verwarm en ook die aarde bevoeg maak vir lewe op die planeet. EK het aan die son sekere eienskappe toegeëien en daarin lê die lewe baie duidelik op die oppervlak. Daar is in die strale van die son, miljoene sieledeeltjies teenwoordig en daardie sieledeeltjies is verantwoordelik vir baie dinge wat hier op aarde gebeur. EK het byvoorbeeld die son toegerus met die deeltjies wat julle velle verbruin en sodoende vir julle baie voeding deur die vel gee. EK het ook giftige deeltjies daarin gesit wat deur die osoonlaag opgevang moet word, maar wat in vandag se tyd, déurdring en die mense op die grond bereik. Daarom is daar so baie mense wat vandag velkanker kry en ongesond is. Die rede hiervoor is die feit dat die mens allerhande giftige produkte op die mark gestel het en daardeur die osoonlaag vernietig het. MY kinders, die osoonlaag is daar met ‘n rede en die rede is dat dit baie van die son se strale verdun en die giftige deeltjies terughou sodat dit nie na benede kom nie. Julle het in julle aardse wysheid gedink dat dit nie nodig is om MY skepping op te pas nie en het daarom die giftigste middels op die aardbodem begin gebruik. Dit het die osoonlaag so vernietig en nou kan niemand meer vir lang tye in die son bly soos voorheen nie. Julle voorgeslagte kon vir ure in die son bly, sonder om kanker te kry. Die enigste rede waarom hulle partymaal die son vermy het, was oor die hitte en hulle het dan ook net tydens die warmste tye uitgebly. EK het dan ook hulle werk geseën en hulle het nie nodig gehad om al die giftige middels op hulle gewasse te spuit soos julle vandag nie. Hulle gebede was genoeg om hulle ‘n goeie oes te verseker. EK wil hê dat julle weer soos in die ou tyd, voordat daar duur middels op die mark gekom het, net op MY moet vertrou vir alles. Selfs julle gesondheid moet julle aan MY toevertrou en sonder om altyd eers dokter toe te hardloop, moet julle leer om in MY te vertrou vir julle genesing ook. Die middels waarmee julle vandag gesond gemaak word, is selfs net so giftig en die manier waarop dit berei word, is ook skadelik vir die natuur. As julle weer teruggaan na die “ou metode” van bid en vertrou, sal alles vir julle beter word en julle sal gesonder leef, sonder om MY skepping te vernietig, wat vir julle nadelige gevolge inhou. Gaan eerder na jou binnekamer en bid, as dat jy na die dokter se spreekkamer gaan. Daar in jou binnekamer is die beste Geneesheer en Hy is altyd teenwoordig en nooit laat nie. Ook hoef jy HOM nie duur bedrae geld te betaal en HOM eers op afspraak te sien nie. Gaan na HOM wanneer jy wil en HY sal jou help. HY is alles in een. Die arts wat harte en liggame kan heel sonder die medisyne wat op die mark is. Al medisyne wat nodig is vir hierdie Dokter om na jou klagtes te luister is Liefde, geloof en hoop, in hierdie volgorde, en voordat jy weet, het EK jou al genees. Leef eenvoudig en sondig nie, dan sal jy nie siek of ongesteld raak nie. EK sal enige beserings van jou afweer as jy jouself rein hou en nie sondig nie. EK is nie net jou Geneesheer nie, maar ook jou bewaarder, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip stamp en jouself sodoende beseer nie. Dink maar aan die voorgeslagte en julle sal moet erken dat hulle geloof hulle deur alles gedra het en nie die outydse medisyne wat nie so kragtig en giftig soos vandag se goed was nie. Geloof in MY en Liefde vir die Geneesheer is al wat julle nodig het, en EK sal MY haas om julle te help.Dink daaraan en leef vir MY.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205