DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 37

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 37
7 Feb.2008 08:02
Daar word baie gesê oor die feit dat die tegnologie vooruitgaan en daarin lê die grootste fout, omdat deur die ontwikkelende tegnologie, baie dinge verlore gaan. Wat EK daarmee bedoel is dat baie mense nou sonder werk sit wat voorheen darem ‘n werkie sou gehad het, omdat handearbeid nodig was. Maar in die tyd waarin julle lewe, word daar so baie dinge geskep wat die mensehulp oorbodig maak. MY kinders, EK wil julle aanraai om nie altyd die beste ding op die mark te hê en sodoende vir julleself die lewe so maklik te maak en mense van die edele taak om te werk weerhou nie. EK, wat julle Vader is, sien alles en kan vir julle sê dat daar waar daar nog met die hande dinge gedoen word, die mense ‘n baie beter innerlike lewe en goeie selfbeeld het. EK wil julle daarom aanraai om nie alles meganies te doen en jou liggaam sodoende teveel te pamperlang nie. EK wil nou nie sê dat julle met die voete moet stap en die gras met die sekels moet sny nie, maar dit is nie nodig dat julle alles moet meganiseer en lui word daardeur nie. Kom na MY, voordat jy weer iets nuuts wil koop en EK sal vir jou sê of dit nodig is vir jou om dit te hê, of nie. EK het die mens die verstand gegee om dinge te kan ontwerp en het dan ook die mense wat dinge ontwerp het, die idee gegee om daarop af te kom. Maar waarvan EK praat, is die lui mens wat nie tien tree kan stap nie en niks vir homself kan doen nie. Moenie teveel arbeiders huur, sodat jy niks het om te doen nie. Die gesonde mens, innerlik en liggaamlik, is die mens wat iets met sy hande kan doen en werksaam bly. EK het aan elkeen die liggaamlike krag gegee om arbeid te verrig en daarom wil EK hê dat julle dit moet doen. Maar dan is daar nou weer ‘n ander gevaar ook en dit is die gevaar van teveel werk, en die mens wat nou weer die werk voor alles stel, is MY nie werd nie. Raak rustig as jy teveel werk en raak besig as jy lui is. Jy sal weet wanneer jy nie gebalanseerd is nie. Daar moet ‘n tyd wees vir MY en MY dinge en terwyl jy met jou hande werk, kan jy met MY in jou hart besig wees. Dit wat EK wil hê, is dat jy nie lui sal wees nie, maar ook nie MY tyd sal beperk omdat jy werk het nie. Daar moet ‘n gesonde balans wees en Ek sal in jou binneste daardie balans vir jou uitwys. MY kinders, julle sal verbaas wees hoeveel tyd julle wel aan aardse dinge spandeer en nie aan MY nie en daarom wil EK julle sê om aan MY te dink, die hele dag, terwyl jy jou ander werk doen, en wanneer EK jou roep om stil te wees saam met MY, moet jy alles net so los en na MY kom. EK sal al jou aardse dinge op MY neem en wanneer jy dan weer gaan werk, sal alles net so glad verloop sodat jy vinnig klaar kan kry en weer na MY kan kom. Dink hieroor na en weet dat julle geestelike groei afhang van die tyd wat jy aan MY spandeer.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205