DIE VERBORGENHEID
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40.

Hoofstuk 7
24 Jan.2008 06:27
Die volgende verborgenheid wat EK aan julle bekend wil maak is die verborgenheid van die ysgedeeltes op die aardbodem. Julle almal weet dat daar sekere gedeeltes op hierdie aarde is wat nooit heeltemal smelt nie en altyd vasgevries en toegesneeu bly. MY kinders, vir julle wat belangstel, sal EK alles gee waarvoor julle vra en daar is baie van julle wat nou hier lees wat altyd daaroor gewonder het. Daar moet ysgedeeltes op die aarde wees, omdat die aarde in die ronde draai en sodoende baie wrywing opbou en julle almal weet wat gebeur as daar wrywing plaasvind. Die hele plek word warm en as daar nie ys by die pole gewees het nie, sou die hele aardoppervlak en die atmosfeer baie warm geword het en dalk aan die brand kon slaan. Dink aan die bomenslike spoed waarteen die aarde draai. Julle kan nie ‘n voertuig maak wat so vinnig oor die aarde beweeg nie. Die aarde draai in die ronde en daarom is daar dag en nag, en julle weet dat die aarde om die son draai en nie die son om die aarde soos wat die mense in die vorige eeue geglo het nie. Nou, die aarde draai as gevolg van gasse wat uit die suidpool uitkom. Daardie gasse bots dan teen dieselfde tipe gasse wat ook op dieselfde manier van die son kom en die krag van die gasse wat so teen mekaar druk, veroorsaak dan dat die aarde draai en ook dat die aarde nie nader of verder van die son beweeg nie. Dit is dan ook die rede dat daar ys by die pole is en die suidpool se ys is dan ook anders as die noordpool se ys, omdat die suidpool die uitlaat van die aarde is. By die noordpool word daar baie dinge in die see ingeneem en deur die suidpool word dit weer uitgeskei, aangesien daar ‘n baie groot gat dwarsdeur die aarde gaan. Die noordpool en die suidpool is in verbinding met mekaar deur hierdie “grot”. Binne in hierdie “grot” vind daar dan ook baie dinge plaas en al die stowwe wat deur die noordpool se ys opgevang word, sak dan in hierdie “grot” af en word dan deur die aarde verteer, waar die uitgeskeide stowwe dan weer by die suidpool uitkom. Die ys by die suidpool vang ook hierdie gasse op en stel dit stadig vry sodat die gasse, wat baie is, nie die hele atmosfeer op een slag tref nie. Noudat julle die fisiese rede vir die pole weet, sal EK julle dan ook die geestelike betekenis van die pole gee. In die geesteswêreld is daar baie geeste wat baie opstandig teen MY raak en hulle ontbrand in woede teen MY. In hulle woede sal hulle alles om hulle vernietig as EK nie met MY Almag in sou gryp nie, maar EK sal nooit toelaat dat die geeste hande uitruk en julle en die aardbodem skade aanrig nie. Daardie geeste word dan deur sogenaamde vredesgeeste op die aardbodem neergedruk en met koue word hulle woede jeens MY en alles wat EK gemaak het, dan tot bedaring gebring. Soos wat hulle in die koue moet stil lê, word hulle dan beter gesind en kan dan weer vry kom uit die tydelike gebondenheid en dit is dan weer wanneer die sneeu begin smelt. Dit klink vir julle seker ongelooflik dat die sneeu ook ‘n betekenis kan hê in die geesteswêreld, maar alles wat EK geskep het, het baie redes vir hulle bestaan. MY kinders, die sneeu op hierdie aarde stel dan ook die liefdeloosheid voor, omdat die geeste wat betrokke is dan ook liefdeloos is, behalwe die vredesgeeste. Daarom sal ons sê dat iemand wat liefdeloos is, ‘n yskas is. Jy kry mense met geen warmte in hulle nie en hulle behandel jou koud soos wat julle sê. Dink daaraan, wanneer iemand na jou kom en jou hulp vra, dat jy hom nie soos die liefdelose gedeeltes op aarde behandel nie. Die ysgedeeltes is seker nog erger as die gevreesde woestynareas, omdat die woestyngebiede ‘n mens darem nog op ‘n manier kan akkommodeer wanneer hy ‘n groen oase aangetref het en jy kan darem in die woestyn oorleef as jy genoeg kos en water het, en jy het nie ander dinge nodig nie, maar in die pole sal jy binne ‘n paar sekondes doodvries, as jy nie genoegsame kleding aan het nie. Daarom maan EK julle om liefde in julle harte te hê, omdat die liefdeloosheid die mees veragtelike is. Niemand hou van ‘n koue mens nie en daardie mens sal almal om hom wegjaag en op sy eie bly vries. Dit sal net MY genade en liefde wees wat so ‘n persoon tot ander insigte bring. Dit is MY les vir julle.
Amen.
 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205