HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 12
Leer om jouself te sien soos God jou sien.
28 Januarie 2008 om 15h10
Julle moet leer om julleself te sien soos Ek, Elohim, julle sien, nie soos Satan julle sien nie. Voordat julle nie geleer het om julleself te sien soos Ek julle sien nie, sal julle nooit 'n sterk geloof hê nie, julle sal altyd swak in die geloof wees. Julle sal altyd 'n geestelike lewe ly wat van geestelike neerlaag getuig en julle sal nooit styg tot die posisie waar julle van julle regmatige bloedgekoopte voorregte gebruik kan maak nie. Julle moet julleself sien soos Ek julle sien. 'n Nuwe skepsel in My, Messias. "Daarom, as iemand in My is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword." Dit is nie julle liggaam wat nuut is nie, dit is julle gees.
Julle is nuwe skepsels in die gees, die innerlike mens. Die Gees, die innerlike mens, is die mens wat teenoor My moet reageer.
Hou asseblief in gedagte dat Ek wil hê dat julle moet julle self sien soos Ek julle sien. Dit is wat belangrik is. Selfs op die natuurlike vlak is dit belangrik. Die dinge van die gees werk op 'n baie mooi manier, dit is nie baie belangrik wat julle van iemand dink nie. Dit is ook nie baie belangrik wat iemand van julle dink nie. Wat van belang is, is wat Ek, Elohim, van julle dink. Hoe sien Ek julle. Julle werke en alles wat julle doen moet wees met die doel voor oë om My te behaag.
Ek is die een wat die mag het om julle te beloon. Ek is die een wat die mag het om julle te bevorder. Julle moet julleself begin sien as 'n nuwe skepsel in My en julle moet daarvolgens handel. Die nuwe skepping moet vir julle 'n werklikheid wees. Dis nie net 'n idee nie, dit is `n onbetwisbare feit, dit is 'n werklikheid. As julle besef dat julle 'n nuwe skepsel in My, Jahshua Messias is, kan dit 'n groot verskil in julle geestelike lewe maak. Ja, dit kan die verskil wees tussen 'n oorwinnende lewe, of om maar net volgens tradisie voort te leef. Kyk, julle hoef nie dieselfde te bly nie. Julle kan groei en weet dat julle groei. Julle kan sterker word in die geloof en julle kennis aangaande My dinge kan toeneem. Julle kan nader aan My wandel.
Menige gelowiges leef op 'n laer vlak as wat hulle behoort te leef.
Hulle maak nie gebruik van die regmatige voorregte wat hulle in My het nie, omdat hulle nie verstaan of besef dat hulle nuwe skepsels is nie.
Ja, hulle dink hulle is maar nog net soos hulle altyd was. Hulle begryp nie dat hulle nuwe skepsels is nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205