HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 13
Jou verantwoordelikheid.
29 Januarie 2008 om 10h30
Nou is dit jou verantwoordelikheid om iets aan jou (die mens) aan die buitekant, die vlees of die liggaam, te doen. Dit is noodsaaklik dat jy moet verstaan dat jy My, Elohim, se kind is as jy weer gebore is, jy is wettiglik My kind en omdat jy wettiglik My kind is, het jy 'n wettige reg op alles wat Ek het. Dit behoort aan jou. Al wat julle moet doen, is om daarvoor te vra. Dit is hoekom Ek vir julle sê: "Bid en vir julle sal gegee word; soek en julle sal vind; klop en vir julle sal oopgemaak word," Julle sien, julle is wettiglik My kinders, en omdat julle wettiglik My kinders is, het julle 'n wettiglike reg op alles wat die hemel aanbied. As julle as gelowiges dit verstaan, sal julle uitkom uit julle armoede–sindroom; julle sal uitkom onder al die siekes, en julle sal begin wandel op die hoogtes van STERK GELOOF. Julle sal julle bloedgekoopte regte begin uitoefen, julle wettige regte – en julle sal die kettings van duisternis en sonde, siekte en armoede, geestelike dood en Satan en bose geeste begin breek. Julle sal julle kindskap begin uitoefen en hierdie lewe leef soos My kinders behoort te leef.
Julle is My wettige kinders; Ek, Elohim, wil vir julle sorg. Maar weet julle dat Ek nie vir 'n kind kan sorg as hy nie wil toelaat om dit te doen nie. Ek kan julle nie verplig om iets te aanvaar nie. Julle moet dit self doen, alleen deur geloof.
My kinders, onthou dat Ek, Jahshua Messias, is die Hoof van die liggaam.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205