HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 2
Geloof is die sleutel
22 Januarie 2008 om 15h20
In die volgende boodskap wil Ek Abraham gebruik, een van die Ou Testamentiese patriarge, as ‘n voorbeeld van geloof. Ek, Elohim, wys Abraham daarop dat, hoewel hy ‘n ou man was en reeds vervalle was vanweë die ouderdom; en dat Sarah, sy vrou, omdat sy onvrugbaar was, nie kinders gehad het nie, – Ek Elohim nogtans aan Abraham gesê het dat hy op ‘n sekere tydstip in die volgende jaar ‘n kind sou hê. Sarah sou aan ‘n kind geboorte gee! Alles in die natuur het dit weerspreek; dit was onmoontlik vir Abraham en Sarah om ‘n kind te hê, maar Ek het gesê dat hulle ‘n kind sou hê en Abraham het nie na die omstandighede gekyk nie; Ek het nie daaraan gedink dat hy alreeds oud en Sarah onvrugbaar was nie. Kyk, die Skrif sê van Abraham dat hy nie swak nie, maar STERK IN DIE GELOOF was en aan My die eer gegee het.
Die rede waarom Abraham sterk kon wees en die rede waarom hy aan My die eer kon gee, was omdat hy ten volle oortuig was. Ja, hy was ten volle oortuig dat Ek die mag gehad het om te doen wat Ek beloof het. Ek was in staat om dit te doen; Abraham het My geglo; Geloof is die sleutel wat die skatkis van die hemel oopsluit. Geloof is die sleutel wat My, die Almagtige, se arm beweeg. Geloof is die sleutel waardeur jy die begeertes van jou hart kan verkry. Julle geloof is welbehaaglik voor My.
As julle gelowiges kinders van ’n God van geloof wil wees, moet julle ook sterk wees. “Word kragtig in My.” Julle kan nie kragtig in My word, as julle geloof nie sterk is nie, want geloof is die sleutel wat die skatkis van die hemel oopmaak. Dit is geloof wat My behaag, en dit is deur geloof en in geloof dat julle My beloftes verkry. Jy sien dus dat as jou geloof sterk is, jy enige hindernis kan oorkom. As jou geloof sterk is, is daar geen berge wat te hoog vir jou is om oor te gaan nie. As jou geloof sterk is, is daar geen valleie wat te diep vir jou is om deur te gaan nie. As jou geloof sterk is, sal jy nie neerlae ly nie. Dus is die wagwoord vir gelowiges:
“WORD KRAGTIG IN MY EN IN DIE KRAG VAN MY STERKTE.”
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205