HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 20
Kom met vrymoedigheid na die troon van genade
07/02/2008 om 14h00
Ek, Elohim, het nie gesê dat jy volmaak is nie. Ek het gesê jy is geregverdig; jou verhouding met My is reg. Dit beteken dat jy vrymoedig tot My kan nader en dat jy nie jou hoof hoef te buig nie. Jy kan tot by die troon gaan, omdat die skrif sê dat jy dit kan doen. Die Skrif sê ook dat julle met vrymoedigheid na die troon van genade kan gaan om hulp te vind in tyd van nood. Dit is julle gesag en dit is julle voorreg, omdat julle in My, Messias is. As jy ‘n gelowige is, het Ek, Elohim, aan jou die gawe van geregtigheid gegee en jy is regverdig deur My. Kyk wat die Skrif vir julle sê wat belangrik is: “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word, Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.” Dit is nodig dat jy 'n bewustheid van geregtigheid sal ontwikkel, maar die meeste van julle het 'n bewustheid van ongeregtigheid. Dit is waarom julle neerlae ly in julle lewens. Dis waarom julle gebede nie krag het nie. Dit is waarom die Skrif nie vir julle 'n werklikheid is wanneer julle dit probeer lees nie. Julle sien julleself nie soos Ek julle sien nie. Jy is regverdig, omdat Ek jou regverdig gemaak het, en op grond van My geregtigheid is jy meer as 'n oorwinnaar. Jy hoef nie voor Satan en sy demone die knie te buig nie. Jy hoef nie te swig voor omstandighede nie.
Daar is vandag van julle, wat nie glo wat My skryfkneg hier skryf nie. Maar Ek sê vir jou voorwaar, aan die wat dit nie glo nie, dan glo jy ook nie aan My Woord nie. Jy is geregverdig! Dit sal vir jou maklik wees om te lewe sonder om te sondig omdat jy, as jy besef dat jy geregverdig is, sal sê: “Nee Ek kan dit nie doen nie, want Ek is geregverdig.” Die rede waarom dit vir sommige van julle maklik is om te sondig en aan te hou om jou vuil dinge te doen, is omdat jy nie besef wie jy is nie. Ja, jy dink dat jy maar net 'n ou sondaar is wat deur genade gered is. Jy is swak en dit is onvermydelik dat jy sal sondig, dus kan jy maar sowel voortgaan om te sondig. Dit, My kinders, sê Ek vandag vir jou, dit is die duiwel se leuen om jou gebonde te hou.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205