HOE STERK IS JOU GELOOF?
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30.

Hoofstuk 21
Verklaar wie jy is.
07/02/2008 om 22h30
As jy besef wie jy is, sal jy sê: “Ek kan dit nie doen nie, nee, o nee, ek is geregverdig. Ek is in Jahshua Messias 'n nuwe skepsel gemaak. Elohim lewe in my. Ek kan dit nie doen nie.” Dit sal dan vir jou maklik wees om versoekings te weerstaan. Kyk, die Skrif sê: “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar Ek, Elohim, is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Ek sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.” Jy ontvlug deur te sê wie jy is. Jy ontvlug deur vir die duiwel en demone te sê wie jy is. Ja, jy moet in die gesig van die sonde verklaar dat jy verlos is.
Ja, baie van julle sal vra verlos van wat? Verlos van enigiets wat jou in bande kan hou. Dit beteken verlos van die drinkgewoonte; verlos van verdowingsmiddels, van bitterheid, haat, vooroordeel, armoede en siekte en enigiets wat jou gespanne en bedruk maak. Ek het gesê verlos, nie waar nie? Jy het dit nie gesê nie. Ek het dit gesê. Jy moet uitsien na die volgende dag, sodat jy in My Gees kan uitgaan om vir nog iemand die goeie nuus te vertel, sodat julle ook vry en verlos kan word. In My, Jahshua Messias, is 'n gelowige geregverdig.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205